Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback)

,
Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is.

Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer.

Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom.

Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.


R176
List Price R205
Save R29 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1760
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is.

Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer.

Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom.

Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot