Franz Marx - Uit Die Perd Se Bek (Afrikaans, Paperback)


Dis die biografie wat nie 'n biografie is nie.

Daar is geen geraamtes uit kaste of skandes oor seks, dwelms en/of ruk-en-rol nie; geen verhoudingsintriges nie; vergeet ook van enige sensasionele openbarings. Niks waarin Kwêla of Pasella sou belangstel nie. Skinderstories was daar volop, en skinderbekke het altyd baie te sê gehad oor Franz Marx.

Sê Franz self: “Daar was soveel stories oor my, maar oor wie is daar nie? As dit ʼn gay ou is, het ek stories daaroor gehoor. As dit vrouens is, het ek gehoor ek het hulle bygekom in my kantoor. Dit het my nooit gepla nie, as jy jouself vir ʼn toffie uitgee, gaan die mense aan jou suig. Dít het ek altyd geweet, maar hulle het nooit die waarheid geweet nie. Hulle het nooit geweet ek het twee kinders grootgemaak nie, nooit geweet ek was getroud nie; nie geweet wie is my vriende nie, nie geweet met wie ek sosialiseer nie. Hulle het nooit geweet van my private lewe nie.”

Hierdie “biografie” - uit die perspektief van ʼn onwaarskynlike vertroueling - is ʼn verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster. Dis ʼn vermaaklike ontdekkingsreis met ʼn leeftyd se wyshede en “leuens”.


R100
List Price R367
Save R267 73%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1000
Delivery AdviceIn Stock


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Dis die biografie wat nie 'n biografie is nie.

Daar is geen geraamtes uit kaste of skandes oor seks, dwelms en/of ruk-en-rol nie; geen verhoudingsintriges nie; vergeet ook van enige sensasionele openbarings. Niks waarin Kwêla of Pasella sou belangstel nie. Skinderstories was daar volop, en skinderbekke het altyd baie te sê gehad oor Franz Marx.

Sê Franz self: “Daar was soveel stories oor my, maar oor wie is daar nie? As dit ʼn gay ou is, het ek stories daaroor gehoor. As dit vrouens is, het ek gehoor ek het hulle bygekom in my kantoor. Dit het my nooit gepla nie, as jy jouself vir ʼn toffie uitgee, gaan die mense aan jou suig. Dít het ek altyd geweet, maar hulle het nooit die waarheid geweet nie. Hulle het nooit geweet ek het twee kinders grootgemaak nie, nooit geweet ek was getroud nie; nie geweet wie is my vriende nie, nie geweet met wie ek sosialiseer nie. Hulle het nooit geweet van my private lewe nie.”

Hierdie “biografie” - uit die perspektief van ʼn onwaarskynlike vertroueling - is ʼn verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster. Dis ʼn vermaaklike ontdekkingsreis met ʼn leeftyd se wyshede en “leuens”.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot