Historiese 2-Boek Bundel - Die Verhaal Van Lewe & Die Omgewing / Alles Oor Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)

, , , ,
Die Verhaal Van Lewe & Die Omgewing: 'n Afrika-Perspektief - Jo van As, Johann Du Preez, Leslie Brown, Nico Smit
Die Verhaal Van Lewe & Die Omgewing: 'n Afrika-Perspektief handel oor die brose wonder van lewe. Dit is 'n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid – die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring – en van die natuur se veerkragtigheid. Dit vertel van die drie hoofekostelsels: varswater, oseane en land, en al die lewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en die eindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkings toeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk. En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika, en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teen ons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsverandering wat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputting van hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanning en bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade te herstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en die omgewing in Afrika.

Alles Oor Suid-Afrika - Rob Marsh
Alles Oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe – met hersiene en opgedateerde inhoud en fotografie – sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaatboek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto’s, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos lank, lank gelede; die mense; die kultuur; die gemeenskap; wetenskap en tegnologie; die ekonomie; die land; en die natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.


R495
List Price R599
Save R104 17%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles4950
Free Delivery
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die Verhaal Van Lewe & Die Omgewing: 'n Afrika-Perspektief - Jo van As, Johann Du Preez, Leslie Brown, Nico Smit
Die Verhaal Van Lewe & Die Omgewing: 'n Afrika-Perspektief handel oor die brose wonder van lewe. Dit is 'n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid – die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring – en van die natuur se veerkragtigheid. Dit vertel van die drie hoofekostelsels: varswater, oseane en land, en al die lewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en die eindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkings toeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk. En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika, en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teen ons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsverandering wat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputting van hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanning en bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade te herstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en die omgewing in Afrika.

Alles Oor Suid-Afrika - Rob Marsh
Alles Oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe – met hersiene en opgedateerde inhoud en fotografie – sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaatboek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto’s, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos lank, lank gelede; die mense; die kultuur; die gemeenskap; wetenskap en tegnologie; die ekonomie; die land; en die natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.

Customer Reviews

Average Rating  (1 Customer)




Trending On Loot