Jacqueline - Dis Hier Dis Nou (CD)

Afrikaanse Vocal Trance-musiek is vir baie Afrikaanssprekendes 'n vreemde verskynsel, 'n verafgele planeet wat nog nie verken is nie. Dit is egter nie vir Jacqueline die geval nie. Di soort musiek (asook pop) pols in haar are. Vir jare lank het sy gewag om haar eie musiek te maak en nou is dit uiteindelik tyd vir haar debuutalbum, Dis Hier Dis Nou, om die lig te sien.

Jacqueline het op laerskool in die koor gesing en as 12-jarige 'n tweede plek tydens 'n talentkompetisie behaal. Op 14 het sy die geleentheid gekry om 10 bekende liedjies (cover songs) op te neem. Dis daar waar ek besluit het dat ek eendag my eie liedjies wil opneem. En deur God se genade en plan vir my lewe is ek tans besig om hierdie droom te lewe, vertel sy.

Van 2005 tot 2010 het sy die dansw reld betree (freestyle, slowdance, hustle en rock & roll) en van Pre Bronz Bar tot Gold Bar (danseksamens) klaargemaak. Alhoewel dans ook een van haar passies is het die droom om te sing en haar eie musiek te maak altyd die sterkste bly staan.

In Augustus 2013 het Jacqueline uiteindelik met die opname van haar album begin. Ek beplan om Suid-Afrikaners te verras met nuwe klanke, s sy. Intussen het drie van die liedjies op haar album 'n plek op die kompilasie-album, Tekno2, gekry.

Dis Hier Dis Nou is deur Ferdinand Skead van Pro Electronic Sounds vervaardig. Baie van die liedjies op di 13-snit album is deur die bekende Waldo Greef geskryf. Daarby het Ferdinand en Jacqueline ook van die liedjies geskryf.

Een van die liedjies, Vinkel en Koljander, geniet reeds speeltyd op kykNEt. Vinkel en Koljander gaan oor liefde, leuens en die spyt agterna, vertel Jacqueline.

Volgens Jacqueline is haar liedjies ernstig, met baie emosie, want ek het al deur 'n klomp stadiums in my lewe gegaan en alles is nie altyd maanskyn en rose nie of hoe? Hierdie tipe emosie is die regte bestanddeel wat bydra tot haar meesleurende, Vocal Trance- en popmusiek.

Nog liedjies wat op die album uitstaan sluit in Die Donker Verdwyn en Stoksielalleen. Die melodie , lirieke en polsende ritmes van hierdie twee popliedjies sorg vir 'n aangename luisterervaring.

Alhoewel Vocal Trance dalk nie na almal se sin sal wees nie, het Jacqueline haar goed van haar taak gekwyt om te wys dat dit nie nodig is om daarvan weg te skroom nie. Dit mag dalk nog vreemd vir die Afrikaanse oor wees, maar dit sal ongetwyfeld mettertyd 'n groter gehoor wen.

R92
List Price R99
Save R7 7%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles920
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Label

Next Music Distribution

Release date

2015

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Performers

Dimensions

125 x 142 x 10mm (L x W x T)

Format

CD

Categories

LSN

XQC-LSS-NFH-6

Tracks

Disk 1

  1. Dis Hier En Nou
  2. Tekens
  3. Wie Sal Vir My Sing
  4. Die Donker Verdwyn
  5. Vinkel En Koljander
  6. Vir My Geleen
  7. Alle Goeie Dinge
  8. Ek Roep Na Jou
  9. Stoksielalleen
  10. Van Vooraf Verlief
  11. Gee My Jou Hand
  12. Te Laat
  13. Gee My Meer

Trending On Loot