Ver in die wereld, sushi! (Afrikaans, Paperback)


Koos Kombuis vier vanjaar sy sestigste verjaardag, en hoewel die musiek- en skrywerslegende ietwat ouer en wyser geword het, is sy kommentaar op sosiale en politieke sake nog net so skerpsinnig soos altyd. In sy jongste rubriekeversameling kom 'n verskeidenheid onderwerpe onder die soeklig, soos die stommiteite van politici, die irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego’s van plaaslike musikante, en die wanstaltigheid van amptenare wat die banaalste vorme van burokrasie in stand hou. Maar Kombuis presteer nie net as satiriese kommentator nie. Sy ode aan sy oorlede moeder en die nostalgiese herinneringe aan sy kinderdae sal lesers diep ontroer. Bowenal verteenwoordig Kombuis se kritiese stem daardie Afrikaners wat hulleself beskou as trotse burgers van die globale dorpie – hulle wat susji kan geniet sonder om 'n gesigspier te vertrek! Ver in die wereld, sushi! is 'n keur uit die rubrieke wat tussen 2005 en 2015 verskyn het in publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot en op LitNet en Netwerk24. Kombuis-bewonderaars kan nie genoeg kry van die skrywer se sonderlinge humor, verhelderende insigte, kompromislose eerlikheid en meevoerende styl nie.

R174
List Price R210
Save R36 17%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1740
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Koos Kombuis vier vanjaar sy sestigste verjaardag, en hoewel die musiek- en skrywerslegende ietwat ouer en wyser geword het, is sy kommentaar op sosiale en politieke sake nog net so skerpsinnig soos altyd. In sy jongste rubriekeversameling kom 'n verskeidenheid onderwerpe onder die soeklig, soos die stommiteite van politici, die irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego’s van plaaslike musikante, en die wanstaltigheid van amptenare wat die banaalste vorme van burokrasie in stand hou. Maar Kombuis presteer nie net as satiriese kommentator nie. Sy ode aan sy oorlede moeder en die nostalgiese herinneringe aan sy kinderdae sal lesers diep ontroer. Bowenal verteenwoordig Kombuis se kritiese stem daardie Afrikaners wat hulleself beskou as trotse burgers van die globale dorpie – hulle wat susji kan geniet sonder om 'n gesigspier te vertrek! Ver in die wereld, sushi! is 'n keur uit die rubrieke wat tussen 2005 en 2015 verskyn het in publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot en op LitNet en Netwerk24. Kombuis-bewonderaars kan nie genoeg kry van die skrywer se sonderlinge humor, verhelderende insigte, kompromislose eerlikheid en meevoerende styl nie.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot