La La Land (Blu-ray disc)

,
Mia, an aspiring actress, serves lattes to movie stars in between auditions, and Sebastian, a dedicated jazz musician, scrapes by playing cocktail piano gigs in dingy bars, but as success mounts they are faced with decisions that begin to fray the fragile fabric of their love affair, and the dreams they worked so hard to maintain in each other threaten to rip them apart.

(Academy Award winner for Best Actress, Best Director, Best Cinematography, Best Production Design, Best Original Music Score, Best Original Song. Also nominated for: Best Picture, Best Actor, Best Original Screenplay, Best Sound Mixing, Best Sound Editing, Best Costume Design)


R76

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles760
Delivery AdviceShips in 10 - 20 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Read Reviews | Review this Item

Video

Product Description

Mia, an aspiring actress, serves lattes to movie stars in between auditions, and Sebastian, a dedicated jazz musician, scrapes by playing cocktail piano gigs in dingy bars, but as success mounts they are faced with decisions that begin to fray the fragile fabric of their love affair, and the dreams they worked so hard to maintain in each other threaten to rip them apart.

(Academy Award winner for Best Actress, Best Director, Best Cinematography, Best Production Design, Best Original Music Score, Best Original Song. Also nominated for: Best Picture, Best Actor, Best Original Screenplay, Best Sound Mixing, Best Sound Editing, Best Costume Design)

Customer Reviews

Average Rating  (6 Customers)

Reviews

Awesome movie and packaging.

FILM-EVANGELIE In ‘n wêreld waar kersliggies en kersmusiek in Berlyn, romantiese strandwandelinge in die suide van Frankryk en jeugdige musiekfeeste in die liefdesstad Parys met moordlustige jaagtogte en duiwelse geweerskote wreed verwring word tot tragedies, SMAG ek na Goeie Nuus. In filmtaal verlang ek na ‘n fliek met ‘n gelukkige einde. Jesus se film-evangelie wys egter dat jy eers deur Goeie Vrydag se “16V-beperkte” dodemars-riller moet sit voordat jy kom by die Goeie Nuus van Paassondag se “Geen ouderdomsbeperkte” Halleluja-koor drama. Vrydag is dit The Passion of the Christ saam met Mel Gibson en Sondag The Sound of Music met Julie Andrews. Albei is nodig. Die lewe ís gereeld ‘n skop-skiet-aksie-belaaide en ongenaakbare vuishou-film. Daarom dat ek soms ontvlug met springmielies in my hand opsoek na ‘n grootskerm belewenis van romanse, musiek en drome wat waar word. As jy ook soms sulke ontvlugting en ontspanning benodig, is jou dokters-voorskrif as volg: gaan kyk La La Land saam met jou geliefde en laat jouself toe om oorrompel en betower te word deur dié goedvoel-film van die jaar. Maar moenie nét maanskyn en rose verwag nie – dié Musiekprent is geskryf en gekomponeer met ‘n goeie dosis harde realiteit. “La-la land” verwys natuurlik na die bekende konsep van iemand wat in ‘n droomwêreld leef, êrens op sy eie “planeet.” In die VSA word die term óók gebruik as ‘n bynaam vir Los Angeles (LA) in Californië, die tuiste van Hollywood, die Amerikaanse droom en aspirant droomsoekers. En watter droom vir enige filmmaker is soeter as Oscar glorie? OSCAR DROME VERVUL? Met 14 Oscar nominasies - ‘n rekord wat die film voortaan hou saam met 1997 se Titanic en 1950 se All about Eve – weet jy dat elke aspek van hierdie film 5-ster is. Indien La La Land die topprys as beste film verower, sal dit die eerste maal wees wat ‘n oorspronklike Musiekprent dié prestasie behaal. In die 88 jaar sedert die eerste Oscar toekennings gehou is in 1928, het nog net 10 Musiekprente gewen, almal gebaseer op Broadway produksies of ander bronmateriaal. Elke melodie wat jy dus beleef in La La Land is kraakvars uit die pen van Justin Hurwitz. Filmregisseur en skrywer Damien Chazelle is aan Suid-Afrikaanse filmgangers bekend vir sy fenomenale film Whiplash wat aan akteur J.K. Simmons sy eerste Oscar as beste manlike byspeler besorg het in 2015. Op die ouderdom van 32 jaar ry hierdie Amerikaanse filmmaker na slegs sy derde vollengte film die kruin van Hollywood-sukses. Maar as iemand wat die binnewerkinge van die industrie reeds ken, skemer daar tog ‘n interessante pessimisme deur in La La Land. BITTERSOET? Sebastian, gespeel deur Ryan Gosling, is ‘n sukkelende Jazz-puris klavierspeler wat suiwer jazz wil bewaar deur ‘n Jazz-klub te begin. Mia, gespeel deur Emma Stone, is ‘n aspirant aktrise wat teleurstelling op teleurstelling beleef. Hierdie twee dromers se wêrelde ontmoet met musiek en dans en ‘n transformerende vennootskap en liefdesverhaal ontvou. Hulle word mekaar se inspireerders tot droom-navolging. Teleurstelling en kompromie loer egter om elke hoek en draai, gerééd om dromers uit hul la-la land af te bring aarde toe. BLOOD, SWEAT & TEARS Die evangelie van La La Land verkondig: drome word soms waar, maar daar’s altyd ‘n prys om te betaal. Is jy bereid om die prys te betaal vir “elke aardse droom van rykdom en roem?” Is jy seker jou drome is nie “net ‘n skadu teen die muur,” soos Koos du Plessis en die Prediker waarsku? Ek wonder wat sou Sebastian en Mia se opinie wees oor die atleet Eric Liddle wat na sy Olimpiese Spele triomf, soos vertel in die Oscar-bekroonde Chariots of Fire, sy rug keer op beroemdheid en sendingwerk gaan doen in China? La La Land het passie, uitbundigheid, realisme, fantasie en jazz. Dit vermeng die nostalgie van outydse Musiekprente op ‘n kreatiewe wyse met die uitdagings waarvoor die hedendaagse kunstenaar staan. Dis ‘n staande ovasie werd met diepdink oomblikke lank na die laaste note in die leë teater weerklink het. Dit los mens met talle vrae: * Is dit die moeite werd om jou drome ten alle koste na te jaag al is dit ten koste van verhoudinge? * Is beroemdheid sukses? * Wat is die gevolge van my keuses? * Het ek al van my eie drome laat vaar as gevolg van teleurstelling? Bono van die Ierse rockgroep U2 het eenmaal gesê: “Rock ‘n’ Roll has its feet down in the mud and its head up in the clouds.” La La Land se kop sing in die wolke met voete dansend in die modderige realiteit. My gradering 5/5***** Francois Mulder is leraar in Blanco, George VINNIGE FEITE: Regisseur & Skrywer: Damien Chazelle Hoofrolle: Ryan Gosling, Emma Stone Musiek: Justin Hurwitz Tydsduur: 128 minute Begroting: $30 miljoen Ouderdomsbeperking: 7–9PG https://metdiemaangepla.blogspot.co.za/2017/02/la-la-land-oorrompel-en-betower.html http://kerkbode.christians.co.za/2017/03/08/la-la-land-oorrompel-en-betower/

Product Details

General

Studio

Lions Gate Home Entertainment

Release date

May 2017

Availability

Expected to ship within 10 - 20 working days

Actors

,

Dimensions

192 x 137 x 15mm (L x W x T)

Format

Blu-ray disc

Running time

2 hours, 8 minutes

Region encoding

Region B. This Blu-Ray will play in all South African Blu-Ray players. Region B. This Blu-Ray will play in all South African Blu-Ray players.

Age restriction

12 L

Categories

LSN

XMY-U0B-TNE-7



Trending In Film