Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback)


Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.

R363
List Price R380

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles3630
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Read Reviews | Review this Item

Product Description

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.

Customer Reviews

Average Rating  (1 Customer)

Reviews

Anyone who knows anything - or just wants to know something - about Africa's oldest film industry should buy this book for themselves and then another copy to send to relatives overseas. A great read indeed.

Product Details

General

Imprint

Protea Boekhuis

Country of origin

South Africa

Release date

February 2016

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

222 x 152 x 36mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

467

ISBN-13

978-1-4853-0442-5

Barcode

9781485304425

Languages

value

Categories

LSN

1-4853-0442-3



Trending On Loot