Splintervlerk (Afrikaans, Paperback)


Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde.

R129
List Price R150
Save R21 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1290
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Marlise Joubert se sewende digbundel handel oor siekte en herstel. In die eerste afdeling, "winterklou", word die beklemmende wereld van die intensiewe sorgeenheid en hospitaalbed uit die perspektief van die pasient beskou. Die hulpeloosheid en uitgelewerdheid van iemand wat 'n ernstige operasie moes ondergaan, neem op aangrypende wyse gestalte in die gedigte. Te midde van pyn bly sy bewus van skoonheid en die nabyheid van die geliefde. In die tweede afdeling, "rugkaatsing" word haar wereld weer groter soos wat sy herstel; bring sy reise, besoeke en gesprekke in herinnering en tree die verskrikking van siekte en dood verder weg. Die derde afdeling, "dryfgoed", is 'n viering van lewe en kunstenaarskap. Die herstelproses word 'n werklikheid soos wat sy weer begin skryf en skilder. Ander dinge, plekke en mense tree weer toe tot haar beleweniswereld. Alhoewel die spreker bewus bly van haar kwesbaarheid en die verbygaan van die tyd, bevestig gewone dinge soos kos, wyn en blomme die waarde van die lewe en die liefde.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Protea Boekhuis

Country of origin

South Africa

Release date

September 2011

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

213 x 137 x 10mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

96

ISBN-13

978-1-86919-472-7

Barcode

9781869194727

Languages

value

Categories

LSN

1-86919-472-1



Trending On Loot