Merk Van Die Leeu - Geskenk-Stel (Paperback)


'n Eggo in Die Duisternis

In hierdie aangrypen­de roman, boek 2 in die die Merk van die leeu-reeks, neem Francine Rivers lesers terug na ’n ander tyd en kultuur, en tóg her­­ken ons onsself, ons ge­liefdes en ons wêreld in die blad­sye van hierdie boek. Die hand van God is duidelik sig­baar in die verhaal van Hadassa en Mar­kus soos die evan­gelie van Jesus Christus ontvou en Hy sy men­se be­mag­tig om die wêreldse dinge te oorwin. ’n Eggo in die duisternis is ’n getuienis van die liefde. Dit is ’n boeiende verhaal wat in eg menslike terme weergegee word. Dit vertel van Hadassa se getrouheid aan haar Verlosser en Markus se soeke na God. Die boek spreek tot elke leser omdat hulle kan identi­fiseer met hierdie twee karakters se wors­te­ling rondom hulle geloof en hulle liefde vir mekaar. In hierdie verhaal sal lesers opnuut ontdek wat dit bete­ken om na God se stem te luister.

'n Stem in Die Wind

In ’n eeue oue kultuur skrikwekkend eenders as die hedendaagse moderne Amerika, veg ’n jong slavin om die behoud van die mense en die man wat sy lief­het. Verskeur deur haar liefde vir ’n aantreklike jong edelman probeer sy desperaat aan haar geloof in ’n lewende God vashou; ’n God wat sy glo hulle kan ver­los van die verslawende mag van ’n dekadente Rome. Hierdie meesterlike en opwindende roman uit die pen van die gewilde skrywer Francine Rivers is be­stem om tot die hart te spreek van elkeen wat dit lees. Die boodskap is een van waarheid en hoop in ’n wêreld vol leuens en wanhoop.

So Seker as Wat Die Dag Breek

So seker as wat die dag breek is die derde boek in die Merk van die leeu-reeks. Net soos die vorige twee boeke in die reeks, ’n Stem in die wind en ’n Eggo in die duisternis, neem hierdie boek die leser terug na antieke Rome en die vroeë jare van die Christelike kerk. So seker as wat die dag breek vertel die ver­haal van Atretes en Rispa, die weduwee wat A­tretes se seun uit sy verhouding met Julia versorg; ’n seun wat Atretes vir lank geglo het dood is. Hulle lewe en optrede open ons oë vir die vernietigende krag van woede, maar ook die wonderlike krag van vergifnis. Dit is ’n verhaal vol waarheid en hoop en dit dra die boodskap van God se onvoorwaarlike liefde. Hier­die is Christelike fiksie op sy beste.


R468
List Price R569
Save R101 18%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles4680
Free Delivery
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

'n Eggo in Die Duisternis

In hierdie aangrypen­de roman, boek 2 in die die Merk van die leeu-reeks, neem Francine Rivers lesers terug na ’n ander tyd en kultuur, en tóg her­­ken ons onsself, ons ge­liefdes en ons wêreld in die blad­sye van hierdie boek. Die hand van God is duidelik sig­baar in die verhaal van Hadassa en Mar­kus soos die evan­gelie van Jesus Christus ontvou en Hy sy men­se be­mag­tig om die wêreldse dinge te oorwin. ’n Eggo in die duisternis is ’n getuienis van die liefde. Dit is ’n boeiende verhaal wat in eg menslike terme weergegee word. Dit vertel van Hadassa se getrouheid aan haar Verlosser en Markus se soeke na God. Die boek spreek tot elke leser omdat hulle kan identi­fiseer met hierdie twee karakters se wors­te­ling rondom hulle geloof en hulle liefde vir mekaar. In hierdie verhaal sal lesers opnuut ontdek wat dit bete­ken om na God se stem te luister.

'n Stem in Die Wind

In ’n eeue oue kultuur skrikwekkend eenders as die hedendaagse moderne Amerika, veg ’n jong slavin om die behoud van die mense en die man wat sy lief­het. Verskeur deur haar liefde vir ’n aantreklike jong edelman probeer sy desperaat aan haar geloof in ’n lewende God vashou; ’n God wat sy glo hulle kan ver­los van die verslawende mag van ’n dekadente Rome. Hierdie meesterlike en opwindende roman uit die pen van die gewilde skrywer Francine Rivers is be­stem om tot die hart te spreek van elkeen wat dit lees. Die boodskap is een van waarheid en hoop in ’n wêreld vol leuens en wanhoop.

So Seker as Wat Die Dag Breek

So seker as wat die dag breek is die derde boek in die Merk van die leeu-reeks. Net soos die vorige twee boeke in die reeks, ’n Stem in die wind en ’n Eggo in die duisternis, neem hierdie boek die leser terug na antieke Rome en die vroeë jare van die Christelike kerk. So seker as wat die dag breek vertel die ver­haal van Atretes en Rispa, die weduwee wat A­tretes se seun uit sy verhouding met Julia versorg; ’n seun wat Atretes vir lank geglo het dood is. Hulle lewe en optrede open ons oë vir die vernietigende krag van woede, maar ook die wonderlike krag van vergifnis. Dit is ’n verhaal vol waarheid en hoop en dit dra die boodskap van God se onvoorwaarlike liefde. Hier­die is Christelike fiksie op sy beste.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Christian Art Publishers

Country of origin

South Africa

Release date

February 2022

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

221 x 150 x 72mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

1420

ISBN-13

978-1-4316-2019-7

Barcode

9781431620197

Categories

LSN

1-4316-2019-X



Trending On Loot