Seun (Afrikaans, Paperback)


Seun is ’n verbysterende prestasie in post-apartheid skryfkuns. Die debuutroman deur Suid-Afrikaanse skrywer Neil Sonnekus is tot oorlopens toe vol geesdrif, energie en bravado. Hoewel dit mens soms laat skater van die lag is dit ook pynlik aangrypend en ontsettend roerend.

In Seun lê Sonnekus die sogenaamde Noughties op skitterende wyse vas met sy tragikomiese karakter Len Bezuidenhout, ’n onlangs geskeide man wie se soektog na seks net so snaaks is soos sy pogings om ’n babelaasverhaal uit sy pa, ’n puriteinse ou suurknol, te ontwar. Pa en seun kon nie meer verskillend – of eenders – wees nie. Hulle is altwee storievertellers, maar wanneer die verhaal wat Len uit sy pa uittrek stadig maar seker onthul word is dit alles behalwe snaaks. Deur middel van skroeiende humor, vlymskerp sarkasme en ’n brutaal vrymoedige bevraagtekening van die land se “post- Reënboognasie”-patologie bring hierdie stilisties imponerende werk vrolikheid, bitter warmte en uiteindelik ook genade.

Seun is met tye lawaaierig en onverpoos eerlik soos dit die politiek as ’n tragiese klugspel ontmasker. Dit is beide selfveragtend en sensueel soos dit die donker kunste van seksuele verowering en begeerte deurkruis terwyl dit terselfdetyd wrede angste rondom misdaad, vervreemding en oudword opdiep.

Soos die skrywer besig is met ’n argeologiese opgrawing van trauma, word die nagevolge van die oorlog, manlikheid, geheue tussen die generasies en smart uitgepak. Seun is ’n onthutsende weerkaatsing van wat dit beteken om ’n wit man te wees in Suid-Afrika wat ’n skielike verlies van mag in die gesig staar en ook worstel met nougesette sosiopolitiese verandering en die vooruitsig van ’n onvervulde en vervreemde bestaan.

Terwyl dit gons en druis van klank, beweging en humor, neem Seun die leser soomloos op ’n diepsinnige reis na selfbegrip en deernis. In ’n donker en ontstellende wending voer dit aan dat die oorheersende kleur van die reënboog nie wit of swart geword het nie maar rooi. Bloedrooi.


R192
List Price R245
Save R53 22%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1920
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Seun is ’n verbysterende prestasie in post-apartheid skryfkuns. Die debuutroman deur Suid-Afrikaanse skrywer Neil Sonnekus is tot oorlopens toe vol geesdrif, energie en bravado. Hoewel dit mens soms laat skater van die lag is dit ook pynlik aangrypend en ontsettend roerend.

In Seun lê Sonnekus die sogenaamde Noughties op skitterende wyse vas met sy tragikomiese karakter Len Bezuidenhout, ’n onlangs geskeide man wie se soektog na seks net so snaaks is soos sy pogings om ’n babelaasverhaal uit sy pa, ’n puriteinse ou suurknol, te ontwar. Pa en seun kon nie meer verskillend – of eenders – wees nie. Hulle is altwee storievertellers, maar wanneer die verhaal wat Len uit sy pa uittrek stadig maar seker onthul word is dit alles behalwe snaaks. Deur middel van skroeiende humor, vlymskerp sarkasme en ’n brutaal vrymoedige bevraagtekening van die land se “post- Reënboognasie”-patologie bring hierdie stilisties imponerende werk vrolikheid, bitter warmte en uiteindelik ook genade.

Seun is met tye lawaaierig en onverpoos eerlik soos dit die politiek as ’n tragiese klugspel ontmasker. Dit is beide selfveragtend en sensueel soos dit die donker kunste van seksuele verowering en begeerte deurkruis terwyl dit terselfdetyd wrede angste rondom misdaad, vervreemding en oudword opdiep.

Soos die skrywer besig is met ’n argeologiese opgrawing van trauma, word die nagevolge van die oorlog, manlikheid, geheue tussen die generasies en smart uitgepak. Seun is ’n onthutsende weerkaatsing van wat dit beteken om ’n wit man te wees in Suid-Afrika wat ’n skielike verlies van mag in die gesig staar en ook worstel met nougesette sosiopolitiese verandering en die vooruitsig van ’n onvervulde en vervreemde bestaan.

Terwyl dit gons en druis van klank, beweging en humor, neem Seun die leser soomloos op ’n diepsinnige reis na selfbegrip en deernis. In ’n donker en ontstellende wending voer dit aan dat die oorheersende kleur van die reënboog nie wit of swart geword het nie maar rooi. Bloedrooi.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Jacana Media

Release date

May 2017

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

235 x 155 x 20mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

280

ISBN-13

978-1-920601-82-9

Barcode

9781920601829

Languages

value

Categories

LSN

1-920601-82-1



Trending On Loot