Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Paperback)


Slegs volwassenes ... Dis kostelik om te sien hoe iemand wat 'n happie neem van wat op die oog af soos 'n doodgewone kolwyntjie lyk en dan uitvind dat dit eintlik 'n kinkel in die vorm van 'n gewilde drankie bevat, se gesig ophelder. Die skrywer van Kolwyntjies met skop het baie jare in die buiteland deurgebring waar haar man gewerk het, en daar begin eksperimenteer met kolwyntjies wat alkohol in verskeie vorms bevat. Sy kon sommer gou skaars voorbly om in die vraag daarna te voorsien. Hierdie versameling resepte is deeglik getoets, verfyn en waar nodig aangepas om te verseker dat hulle feitlik flatervry is. Sommige kolwyntjies se versiering bevat likeur, by ander is daar wyn of bier in die beslag self, en by verskeie word jou hap na die middel toe beloon met 'n verleidelike, loperige binnekant van die gewildste skemerkelkies. Stap-vir-stap-aanwysings verduidelik presies hoe elke kolwyntjie gemaak word, en hoewel dit in hierdie boek nie gaan oor koekversiering as sodanig nie, sluit die skrywer fantastiese idees in om die kolwyntjies so op te dollie dat dit so 'n ietsie van die ongewone aard daarvan weerspieel. Die lieflike volbladfoto's van elke baksel kolwyntjies sal selfs die traagste bakker aanspoor om die resepte op die proef te stel, en die nuttige wenke wat deurgaans verskyn, sal help om sukses te verseker. Daar is ook heelwat voorstelle vir alternatiewe en aanbevelings vir plaasvervangers as jy nie spesifieke drankies in die drankkabinet het nie. Met omskakeltabelle, basiese inligting oor kolwyntjies en feite oor alkohol en hoe dit in beslag en versiersuiker reageer, het jy toegang tot alles wat jy moet weet om jou eie kolwyntjies met skop te bak. Of jou gunstelingdrankie Pina Colada of blos-vonkelwyn, Mai Tai of chardonnay is, hierdie boek wil jy he - laatmiddagtee sal net nooit weer dieselfde wees nie!

R75
List Price R95
Save R20 21%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles750
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Slegs volwassenes ... Dis kostelik om te sien hoe iemand wat 'n happie neem van wat op die oog af soos 'n doodgewone kolwyntjie lyk en dan uitvind dat dit eintlik 'n kinkel in die vorm van 'n gewilde drankie bevat, se gesig ophelder. Die skrywer van Kolwyntjies met skop het baie jare in die buiteland deurgebring waar haar man gewerk het, en daar begin eksperimenteer met kolwyntjies wat alkohol in verskeie vorms bevat. Sy kon sommer gou skaars voorbly om in die vraag daarna te voorsien. Hierdie versameling resepte is deeglik getoets, verfyn en waar nodig aangepas om te verseker dat hulle feitlik flatervry is. Sommige kolwyntjies se versiering bevat likeur, by ander is daar wyn of bier in die beslag self, en by verskeie word jou hap na die middel toe beloon met 'n verleidelike, loperige binnekant van die gewildste skemerkelkies. Stap-vir-stap-aanwysings verduidelik presies hoe elke kolwyntjie gemaak word, en hoewel dit in hierdie boek nie gaan oor koekversiering as sodanig nie, sluit die skrywer fantastiese idees in om die kolwyntjies so op te dollie dat dit so 'n ietsie van die ongewone aard daarvan weerspieel. Die lieflike volbladfoto's van elke baksel kolwyntjies sal selfs die traagste bakker aanspoor om die resepte op die proef te stel, en die nuttige wenke wat deurgaans verskyn, sal help om sukses te verseker. Daar is ook heelwat voorstelle vir alternatiewe en aanbevelings vir plaasvervangers as jy nie spesifieke drankies in die drankkabinet het nie. Met omskakeltabelle, basiese inligting oor kolwyntjies en feite oor alkohol en hoe dit in beslag en versiersuiker reageer, het jy toegang tot alles wat jy moet weet om jou eie kolwyntjies met skop te bak. Of jou gunstelingdrankie Pina Colada of blos-vonkelwyn, Mai Tai of chardonnay is, hierdie boek wil jy he - laatmiddagtee sal net nooit weer dieselfde wees nie!

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

September 2014

Availability

Expected to ship within 5 - 10 working days

Authors

Dimensions

260 x 195 x 12mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

128

ISBN-13

978-1-928201-25-0

Barcode

9781928201250

Categories

LSN

1-928201-25-3



Trending On Loot