Voor-Bode (Afrikaans, Paperback)


Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Die tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.” Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig “In die begin …”. Hier, “waar misteries teen die wand flikker”, het die spreker reeds “voorspooksels” gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die wêreld te verken, sy ervarings op te teken en ’n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorloë, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermoëns net “ten dele” is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van ’n geknakte liggaam “tot die volheid my / onverhoeds verras.” Die bundel bevat ’n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.

R182
List Price R190

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1820
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Die tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.” Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig “In die begin …”. Hier, “waar misteries teen die wand flikker”, het die spreker reeds “voorspooksels” gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die wêreld te verken, sy ervarings op te teken en ’n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorloë, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermoëns net “ten dele” is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van ’n geknakte liggaam “tot die volheid my / onverhoeds verras.” Die bundel bevat ’n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Protea Boekhuis

Country of origin

South Africa

Release date

September 2015

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

213 x 137 x 11mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

143

ISBN-13

978-1-4853-0542-2

Barcode

9781485305422

Languages

value

Categories

LSN

1-4853-0542-X



Trending On Loot