0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R250 - R500 (12)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 15 of 15 matches in All departments

Vertelkunde (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Vertelkunde (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R96 Discovery Miles 960 In stock
'n Oomblik In Die Wind (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Andre P. Brink 'n Oomblik In Die Wind (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Andre P. Brink
R298 Discovery Miles 2 980 Within 7 - 15 working days

’n Heruitgawe met ’n nuwe omslag van di onvergeetlike verhaal van liefde oor die kleurgrens in die agtiende eeu. Elisabeth Larsson vergesel haar man op ’n ontdekkingsreis na die Kaapse binneland. Wanneer hy sterf, ontferm Adam Mantoor, ’n drosterslaaf, hom oor haar. Hy word haar beskermer in lewensgevaar, en sy beloof om hom sy vryheid te help verkry.

Groot verseboek 2008: Deel 3 (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Groot verseboek 2008: Deel 3 (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R326 Discovery Miles 3 260 Within 7 - 15 working days

Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns. Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom nerens in die wereld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau Ingrid Jonker Wilma Stockenstrom Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small Peter Blum Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.

Groot verseboek 2008: Deel 2 (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Groot verseboek 2008: Deel 2 (Afrikaans, Paperback)

Groot verseboek 2008: Deel 1 (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Groot verseboek 2008: Deel 1 (Afrikaans, Paperback)

Groot Verseboek 2008: Deel 1 tot 3 - (Krimp Verpakking) (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Groot Verseboek 2008: Deel 1 tot 3 - (Krimp Verpakking) (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink 1
R850 R799 Discovery Miles 7 990 Save R51 (6%) Within 7 - 15 working days

In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroe tagtigerjare (toe die voorlaaste uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag. Daarom was dit nodig om, met die uitverkoop van die laaste druk, die bloemlesing te hersien en aan te vul. Di uitgawe, Groot Verseboek 2000, het vyf drukke beleef en topverkoperlyste gehaal.

Andr P. Brink, wat met D.J. Opperman meegewerk het aan die laaste uitgawe, het hom as samesteller daarop ingestel om die tradisie van fyn en onbevange lees voort te sit. Saam met die nadruk op gehalte was daar ook 'n besef van stemme wat deur die jare uit die kanon uitgesluit was. In di hersiening word gepoog om reg te laat geskied aan die ongelooflike verskeidenheid in die Afrikaanse posie. Groot Verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse posie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang n verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid n tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.

Self s Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net n dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse posie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie posie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons posie het vele wonings."

Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van ’n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van ’n digkuns, binne enkele dekades, vanuit ’n beskeie, naewe, amper primitiewe begin tot ’n posie wat hom nrens in die wreld hoef te skaam nie.

Duiwelskloof (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Andre P. Brink Duiwelskloof (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Andre P. Brink
R312 Discovery Miles 3 120 Within 7 - 15 working days

Onbeteuelde humor, 'n onheilspellende opbou van bose magte, 'n wemeling van stories, 'n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, 'n hellevaart, 'n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, 'n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding - dit alles is Duiwelskloof.

Die eerste lewe van Adamastor (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Die eerste lewe van Adamastor (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R266 Discovery Miles 2 660 Within 7 - 15 working days
Philida  - 'n Slaweroman (Afrikaans, Hardcover): Andre P. Brink Philida - 'n Slaweroman (Afrikaans, Hardcover)
Andre P. Brink
R389 Discovery Miles 3 890 Within 7 - 15 working days

Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroer romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop.

Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan l, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek.

Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.”

Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en k wat aan die kern van baasskap l. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller.

’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.

Mediterreense Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Mediterreense Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R344 Discovery Miles 3 440 Within 7 - 15 working days

Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande Italie, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto (1963), Ole (1965) en Midi (1969). Baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieel van daardie eerste vroee opgetoendheid oor n wereld wat nog gele en wag het om in Afrikaans ontdek te word, soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.

Die Ambassadeur (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Die Ambassadeur (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R312 Discovery Miles 3 120 Within 7 - 15 working days

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk bevind hom in die apartheidsjare in 'n persoonlike krisis so fel soos die politieke krisis. 'n Verydelde derde sekretaris in die ambassade, en die onkonvensionele jong Nicolette wat een aand onverwags in die ambassade verskyn, speel 'n deurslaggewende rol daarin. Die roman speel hoofsaaklik af in Parys, die stad van romantiek - en tragiek.

Bidsprinkaan (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Bidsprinkaan (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R330 Discovery Miles 3 300 Within 7 - 15 working days

Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman. Dit is gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 c. 1825) se lewe. Maar die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste met die verbeelding benader. Kupido is nie gebore nie, 'n arend het hom gebring. In daardie tyd het ook 'n bidsprinkaan verskyn - 'n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgele. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het, raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die boereplaas waar hy grootword. Hy is ook die drinker, leuenaar, minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is.

'n Oomblik in Die Wind (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink 'n Oomblik in Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R298 Discovery Miles 2 980 Within 7 - 15 working days

Die roman speel af tussen 1749 en 1751. Elisabeth vergesel haar eggenoot, Erik Alexis Larsson, en 'n gids, ene Van Zyl, op 'n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar dan begin Van Zyl se drinkery, sy bakleiery en muitery. Op 'n dag stap Erik Alexis die wildernis in, om nooit weer terug te keer nie. Adam Mantoor, 'n drosterslaaf, ontferm hom oor Elisabeth na die dood van die twee mans. Hy word haar beskermer in lewensgevaarlike omstandighede en hulle vertrek op die lang en gevaarlike tog terug Kaap toe. 'n Verhouding ontstaan tussen die wit vrou en die trotse slaaf, en daar is 'n ruk lank 'n byna paradyslike bestaan in die wildernis. Die reis terug lei deur die Karoo en word gekenmerk deur steeds groter ontbering, en Elisabeth beloof Adam om hom sy vryheid te help verkry.

'n Droe Wit Seisoen - Roman (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink 'n Droe Wit Seisoen - Roman (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R298 Discovery Miles 2 980 Within 7 - 15 working days

In die middel staan Ben du Toit, "'n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens". Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en die se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie 'n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit 'n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde. Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. - inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het - aan 'n ou universiteitsvriend, 'n skrywer wat dit alles kan dokumenteer. Sodat niemand hierna ooit durf se: "Ek het nie geweet nie."

Philida - 'n Slaweroman (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Philida - 'n Slaweroman (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R544 Discovery Miles 5 440 Within 7 - 15 working days

Dit verg die jong slavin Philida groot moed om by die Slawebeskermer op Stellenbosch 'n klag teen haar baas te gaan le. Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het. 'n Meesleurende en aangrypend slaweroman deur 'n meesterverteller.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The LEGO Batman Movie - 3D Steelbook…
Blu-ray disc  (1)
R350 R99 Discovery Miles 990
Ja-Ru Hot Color Putty
 (2)
R29 R16 Discovery Miles 160
Not available
The Wolf Of Wall Street
Leonardo DiCaprio, Jonah Hill, … Blu-ray disc  (1)
R99 R29 Discovery Miles 290
Severin Smoothie Maker Mix & Go…
 (20)
R806 Discovery Miles 8 060
Top Trumps - Classic Battleships
 (1)
R99 Discovery Miles 990
Now That's What I Call Music 78
Various Artists CD  (1)
R150 R119 Discovery Miles 1 190
Philips Performer Active Vacuum Cleaner…
R2,999 R2,699 Discovery Miles 26 990
Top Trumps - Farm Animals
 (2)
R99 Discovery Miles 990
Family Fun - Activities with your…
Lisa McNamara Paperback R50 R43 Discovery Miles 430

Loyalty partners