Slawehuis - Die Sleutelstories Agter Die Grootstorie (Afrikaans, Paperback)


slaweHuis is hoe die Bybelse Boek Eksodus vir Egipte aan ons bekendstel – ’n primitiewe en boonop goddelose kabaal vol afgodery en heerssugtige farao’s wat God uitdaag en waaruit sy mense bevry is. Regtig? Eers as jy agter die stories begin vra, begin jy fyner skakerings raaksien. Is dit toevalling … dat die datering van die uittog uit die “slawehuis” net sin maak as ons dit verbind met die Hiksos se uitsetting uit Egipte (nie bevryding nie)?; dat Dawid en sy ryk so verbasend ooreenstem met die van Egiptiese Toetmoses III?; dat Jesus gekruisig is omdat hy homself “seun van god” genoem het – die titel wat Egiptiese konings hulle aangematig het?; dat Paulus tydens sy verhoor letterlik beskuldig is dat hy ’n Egiptenaar is? Wat is die ware storie? Is dit dalk eerder die Bybel wat stories aandra sonder om die ware verhaal te vertel? Hoe skakel hierdie stories agter die Bybelse grootStorie met feite wat ons kan weet en, belangriker, wat ons mag glo? Is die tyd ryp om nuwe stories vir ’n nuwe tyd te verken? Dit is die soekende vrae van Andre Bouwer in sy debuutbundel, slaweHuis. Die bundel verplaas die leser na ’n wereld toe die vroegste verhale vorm gekry het. Dit is meer as fassinerende inligting en ’n keuse tussen antieke geskrifte en die Bybel. SlaweHuis is eintlik ’n toestand: verslawing aan letterlike interpretasies van stories, soms buite konteks. Daarom is hierdie ’n ingrypende bevryding, soms vreesaanjaend – soos ’n uittog. Dit loop uit op ’n openbaring wat jou asem sal wegslaan, soos om die lank vergete ingang van ’n nuut ontdekte piramied te vind.

R233

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2330
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

slaweHuis is hoe die Bybelse Boek Eksodus vir Egipte aan ons bekendstel – ’n primitiewe en boonop goddelose kabaal vol afgodery en heerssugtige farao’s wat God uitdaag en waaruit sy mense bevry is. Regtig? Eers as jy agter die stories begin vra, begin jy fyner skakerings raaksien. Is dit toevalling … dat die datering van die uittog uit die “slawehuis” net sin maak as ons dit verbind met die Hiksos se uitsetting uit Egipte (nie bevryding nie)?; dat Dawid en sy ryk so verbasend ooreenstem met die van Egiptiese Toetmoses III?; dat Jesus gekruisig is omdat hy homself “seun van god” genoem het – die titel wat Egiptiese konings hulle aangematig het?; dat Paulus tydens sy verhoor letterlik beskuldig is dat hy ’n Egiptenaar is? Wat is die ware storie? Is dit dalk eerder die Bybel wat stories aandra sonder om die ware verhaal te vertel? Hoe skakel hierdie stories agter die Bybelse grootStorie met feite wat ons kan weet en, belangriker, wat ons mag glo? Is die tyd ryp om nuwe stories vir ’n nuwe tyd te verken? Dit is die soekende vrae van Andre Bouwer in sy debuutbundel, slaweHuis. Die bundel verplaas die leser na ’n wereld toe die vroegste verhale vorm gekry het. Dit is meer as fassinerende inligting en ’n keuse tussen antieke geskrifte en die Bybel. SlaweHuis is eintlik ’n toestand: verslawing aan letterlike interpretasies van stories, soms buite konteks. Daarom is hierdie ’n ingrypende bevryding, soms vreesaanjaend – soos ’n uittog. Dit loop uit op ’n openbaring wat jou asem sal wegslaan, soos om die lank vergete ingang van ’n nuut ontdekte piramied te vind.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Andre Bouwer

Country of origin

South Africa

Release date

2015

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

210 x 148 x 28mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

356

ISBN-13

978-0-620-59108-9

Barcode

9780620591089

Languages

value

Categories

LSN

0-620-59108-0



Trending On Loot