Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop.
Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek.
Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.
Soms. Soms nie
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Baie van die boek gehou. Sulke eerlike vertellings.. Ek het nou nog 2 van die skrywer se boeke gekoop. Nou al almal gekoop. Annelie skryf nog dis uitstekende leesstof
Heerlike vertelling, humor, deernis en Annelie se brutale eerlikheid maak hierdie, soos haar vorige, 'n boek wat stof tot nadenke gee. Mooiste Afrikaans wat ek baie geniet het.
Imprint | Penguin Books |
Country of origin | South Africa |
Release date | October 2016 |
Availability | Expected to ship within 9 - 14 working days |
Authors | Annelie Botes |
Dimensions | 234 x 152 x 22mm (L x W x T) |
Format | Paperback |
Pages | 280 |
ISBN-13 | 978-1-77022-929-7 |
Barcode | 9781770229297 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 1-77022-929-9 |