Bloedsomer (Afrikaans, Paperback)


Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan?

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.


R255
List Price R350
Save R95 27%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2550
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie.

Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan?

Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Human & Rousseau

Release date

February 2024

Availability

Expected to ship within 4 - 8 working days

Authors

Dimensions

234 x 152 x 25mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

304

ISBN-13

978-0-7981-8421-2

Barcode

9780798184212

Languages

value

Categories

LSN

0-7981-8421-3



Trending On Loot