Kansvatter - Die Rustelose Lewe van Ben Viljoen (Afrikaans, Paperback)


Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.

Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van ’n Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.

’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.

R349
List Price R365

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles3490
Delivery AdviceShips in 4 - 8 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.

Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van ’n Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.

’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot