Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback)


Cecilia Nortjé se eerste omnibus!

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

R194
List Price R225
Save R31 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1940
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Cecilia Nortjé se eerste omnibus!

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk

Country of origin

South Africa

Series

Romanza Omnibus

Release date

July 2018

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

198 x 129 x 29mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

400

ISBN-13

978-0-7993-9012-4

Barcode

9780799390124

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-9012-7



Trending On Loot