Die onbekende Van Gogh - Die lewe van Cornelis van Gogh, van Nederland tot Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)


Daar is al baie geskryf oor Vincent van Gogh en sy onstuimige verhouding met sy broer Theo. Maar min mense weet dat daar 'n derde Van Gogh-broer was: Cornelis, wat in Nederland grootgeword het maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Cor, die seun van 'n Protestantse predikant, het sy jeugjare in verskeie klein Nederlandse dorpies deurgebring. Daar het hy en sy kunstenaarbroer gedurende idilliese vakansies saam in die platteland gaan stap, voordat die Van Gogh-gesin deur teenspoed en tragedies oorval is. Die 22-jarige Cor het in 1889 na Suid-Afrika gekom en as ingenieur by die goudmyne en later die spoorwee gewerk. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy hom by die Boere geskaar, eers as 'n spoorwegingenieur en later as lid van 'n kommando in die Vrystaat, waar hy in 1900 op dieselfde tragiese wyse as sy beroemde broer gesterf het. Die onbekende Van Gogh laat herleef Suid-Afrika in die stormagtige laaste dekade van die negentiende eeu; vertel die persoonlike verhaal van 'n jong uitlander soos onthul in briewe en ander argiefstukke; en werp lig op sy verhouding met sy beroemde broer Vincent. Hierdie boek bied nuwe insigte wat op oorspronklike navorsing gegrond is en lig die sluier oor 'n figuur wat deur die geskiedenis vergeet is.

R198
List Price R230
Save R32 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1980
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Daar is al baie geskryf oor Vincent van Gogh en sy onstuimige verhouding met sy broer Theo. Maar min mense weet dat daar 'n derde Van Gogh-broer was: Cornelis, wat in Nederland grootgeword het maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Cor, die seun van 'n Protestantse predikant, het sy jeugjare in verskeie klein Nederlandse dorpies deurgebring. Daar het hy en sy kunstenaarbroer gedurende idilliese vakansies saam in die platteland gaan stap, voordat die Van Gogh-gesin deur teenspoed en tragedies oorval is. Die 22-jarige Cor het in 1889 na Suid-Afrika gekom en as ingenieur by die goudmyne en later die spoorwee gewerk. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy hom by die Boere geskaar, eers as 'n spoorwegingenieur en later as lid van 'n kommando in die Vrystaat, waar hy in 1900 op dieselfde tragiese wyse as sy beroemde broer gesterf het. Die onbekende Van Gogh laat herleef Suid-Afrika in die stormagtige laaste dekade van die negentiende eeu; vertel die persoonlike verhaal van 'n jong uitlander soos onthul in briewe en ander argiefstukke; en werp lig op sy verhouding met sy beroemde broer Vincent. Hierdie boek bied nuwe insigte wat op oorspronklike navorsing gegrond is en lig die sluier oor 'n figuur wat deur die geskiedenis vergeet is.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Zebra Press

Country of origin

South Africa

Release date

June 2015

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

234 x 152 x 20mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

213

ISBN-13

978-1-77022-794-1

Barcode

9781770227941

Languages

value

Categories

LSN

1-77022-794-6



Trending On Loot