Hanekraai (Afrikaans, Paperback)


Lesers het Daniel Hugo reeds leer ken as ’n digter met ’n eiesoortige, ironiese blik op die werklikheid. In hierdie bundel sluit hy aan by ander skrywers wat ’n besorgdheid oor die agteruitgang van die omgewing in hul werk oordra, maar die titel, Hanekraai, verraai uit die staanspoor dat dit hier nie sal gaan oor die “groot vyf” van die ongerepte natuur nie.

In gedigte soos “Die vrye natuur” en “Namibië” word geromantiseerde sienings van die natuur juis ontluister. Veel eerder verken die digter die verhouding tussen die mens en huis- of werfdiere, soos die haan, die duif, die hond en die kat, asook die indring van kosmiese kragte soos die son en die wind in die lewe van die verstedelikte mens. Die haan figureer in ’n hele aantal gedigte en is tekenend van die wyse waarop natuurelemente reeds ingebed geraak het in kultuur en beskawing. Ook ander gedigte ondersoek die kulturele erflating, vanaf die openingsgedig “Kantekleer” met sy verwysing na die Middelnederlandse diere-epos “Vanden Vos Reynaerde”, tot by die aansluiting by die Japannese tradisie in die mooi haikoes en die huldigingsverse vir Afrikaanse digters soos Lucas Malan en Ina Rousseau. Die metafore uit die natuur word ook deurgetrek na die hoogs persoonlike in die liefdesgedigte aan die einde van die bundel.

Hanekraai is vintage Hugo: speels, vernuftig en toeganklik, maar ook deurdag, ondersoekend en prikkelend.


R145
List Price R150

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1450
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Lesers het Daniel Hugo reeds leer ken as ’n digter met ’n eiesoortige, ironiese blik op die werklikheid. In hierdie bundel sluit hy aan by ander skrywers wat ’n besorgdheid oor die agteruitgang van die omgewing in hul werk oordra, maar die titel, Hanekraai, verraai uit die staanspoor dat dit hier nie sal gaan oor die “groot vyf” van die ongerepte natuur nie.

In gedigte soos “Die vrye natuur” en “Namibië” word geromantiseerde sienings van die natuur juis ontluister. Veel eerder verken die digter die verhouding tussen die mens en huis- of werfdiere, soos die haan, die duif, die hond en die kat, asook die indring van kosmiese kragte soos die son en die wind in die lewe van die verstedelikte mens. Die haan figureer in ’n hele aantal gedigte en is tekenend van die wyse waarop natuurelemente reeds ingebed geraak het in kultuur en beskawing. Ook ander gedigte ondersoek die kulturele erflating, vanaf die openingsgedig “Kantekleer” met sy verwysing na die Middelnederlandse diere-epos “Vanden Vos Reynaerde”, tot by die aansluiting by die Japannese tradisie in die mooi haikoes en die huldigingsverse vir Afrikaanse digters soos Lucas Malan en Ina Rousseau. Die metafore uit die natuur word ook deurgetrek na die hoogs persoonlike in die liefdesgedigte aan die einde van die bundel.

Hanekraai is vintage Hugo: speels, vernuftig en toeganklik, maar ook deurdag, ondersoekend en prikkelend.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Protea Boekhuis

Country of origin

South Africa

Release date

October 2015

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

212 x 136 x 4mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

72

ISBN-13

978-1-86919-763-6

Barcode

9781869197636

Languages

value

Categories

LSN

1-86919-763-1



Trending On Loot