Send or share

Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback)

Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome.

Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.

Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het.

Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

R300
List Price R320
Save R20 6%

Pay from as little as R75Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles3000

Non-Returnable

Delivery Advice

Ships in 5 - 10 working days

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome.

Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.

Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het.

Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!


Prep For Success

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions