Kweek Kinders Met Karakter (Afrikaans, Paperback)


As jy ’n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe sonder één van jou kinders se unieke eienskappe voorstel nie. Dit verskaf jou vreugde, maar kan ook soms ’n uitdaging wees.

Kweek kinders met karakter is ’n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

Wil jy graag weet...

Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie? Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan? Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?

Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel!

Hettie klassifiseer die verskillende temperamente as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei.

• Palmboomkinders is entoesiasties, raak maklik opgewonde, is energiek en loop oor van idees. Hulle haat dit om alleen te wees en kan alles ontwrig, gevolglik is rustige eie tyd vir hulle ma’s buite die kwessie. Hulle is mal daaroor om pret te hê!
• Die roosboom is gedrewe, vreesloos, ferm en voorbarig. Hulle het ’n vinnige humeur en wil in beheer wees. Hulle kan soms geniepsig wees, maar as hulle genoeg verantwoordelikhede kry, word hulle die mooiste rose.
• Die denneboomkind is liefdevol en het ’n rustige geaardheid. Aangesien  hulle met min aandag tevrede is, kan hulle behoeftes misgekyk word. Agter die sagte geaardheid skuil egter ’n wil van staal wanneer hulle uit hulle gemaksone gedwing word.
• Die sierboomkind is ’n wysneus en perfeksionis. Hulle is meer pessimisties as die ander boomsoorte en is baie presies en netjies. Hulle volg instruksies tot op die letter en kan baie angstig en onseker wees. Jy en jou kinders en julle gesinsopset is uniek, daarom kry jy ’n unieke stel riglyne wat jy maklik kan volg..

R212

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2120
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

As jy ’n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe sonder één van jou kinders se unieke eienskappe voorstel nie. Dit verskaf jou vreugde, maar kan ook soms ’n uitdaging wees.

Kweek kinders met karakter is ’n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

Wil jy graag weet...

Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie? Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan? Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?

Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel!

Hettie klassifiseer die verskillende temperamente as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei.

• Palmboomkinders is entoesiasties, raak maklik opgewonde, is energiek en loop oor van idees. Hulle haat dit om alleen te wees en kan alles ontwrig, gevolglik is rustige eie tyd vir hulle ma’s buite die kwessie. Hulle is mal daaroor om pret te hê!
• Die roosboom is gedrewe, vreesloos, ferm en voorbarig. Hulle het ’n vinnige humeur en wil in beheer wees. Hulle kan soms geniepsig wees, maar as hulle genoeg verantwoordelikhede kry, word hulle die mooiste rose.
• Die denneboomkind is liefdevol en het ’n rustige geaardheid. Aangesien  hulle met min aandag tevrede is, kan hulle behoeftes misgekyk word. Agter die sagte geaardheid skuil egter ’n wil van staal wanneer hulle uit hulle gemaksone gedwing word.
• Die sierboomkind is ’n wysneus en perfeksionis. Hulle is meer pessimisties as die ander boomsoorte en is baie presies en netjies. Hulle volg instruksies tot op die letter en kan baie angstig en onseker wees. Jy en jou kinders en julle gesinsopset is uniek, daarom kry jy ’n unieke stel riglyne wat jy maklik kan volg..

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot