Inleiding tot die onderwysreg (Afrikaans, Paperback, 3)

,
Die arbeidswetgewing wat betrekking het op die onderwysomgewing is omvattend en dek 'n groot verskeidenheid aspekte waarmee almal binne hierdie omgewing op een of ander stadium te doen kry. Waar daar in die verlede moontlik 'n vae begrip van veral wette en regulasies ten opsigte van diensvoorwaardes by meeste werknemers in die onderwys teenwoordig was, is dit nou onontbeerlik om 'n basiese begrip van alle relevante wetgewing en regulasies wat van toepassing is, te he. Veral onderwysers kan hulle in die spreekwoordelike mynveld bevind indien hulle nie seker maak dat hulle oor die basiese kennis van onderwysreg beskik nie. Dit word gestaaf deur die talle hofsake, dispute, mediasie, dissiplinere verhore en die dikwels onaangename implikasies daarvan vir indiwidue (en hul gesinne) wat voortspruit uit aanklagte teen oortreders in alle sektore van die onderwys. Wetswysigings na aanleiding van veranderde omstandighede binne die onderwys, lei tot die behoefte om voortdurend op die hoogte van die implikasies en toepassing daarvan te wees. Hierdie dringende behoefte geld nie alleen vir skoolhoofde nie, maar vir elkeen betrokke by onderwys. Aan die een kant berus die korrekte toepassing en implementering by die beheerliggaam en die hoof van 'n inrigting, maar aan die anderkant raak dit die mense wat daar werksaam is. Die skrywers van hierdie boek het nie alleen 'n deeglike besef van hierdie noodsaaklike behoefte nie, hulle spreek dit ook baie effektief aan deur middel van hulle uiters waardevolle ervaring. Hierdie ervaring spruit voort uit praktiese betrokkenheid by die onderwys asook deeglike navorsing op die terrein van onderwysreg. Kennis van al die aspekte wat in hierdie boek aangespreek word, verbeter ongetwyfeld die kwaliteit van die onderrig- en leerproses in die klaskamer - 'n broodnodige doelwit om na te streef. Dit skep ook 'n veiliger omgewing waarbinne elkeen funksioneer. Persoonlik is ek baie dankbaar vir die bydrae wat deur middel van hierdie handige handleiding gemaak word tot die uiteindelike kwaliteit van onderwys in Suid Afrika. Dr. Jopie Breed President: SAOU

R375
List Price R405
Save R30 7%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles3750
Delivery AdviceShips in 7 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die arbeidswetgewing wat betrekking het op die onderwysomgewing is omvattend en dek 'n groot verskeidenheid aspekte waarmee almal binne hierdie omgewing op een of ander stadium te doen kry. Waar daar in die verlede moontlik 'n vae begrip van veral wette en regulasies ten opsigte van diensvoorwaardes by meeste werknemers in die onderwys teenwoordig was, is dit nou onontbeerlik om 'n basiese begrip van alle relevante wetgewing en regulasies wat van toepassing is, te he. Veral onderwysers kan hulle in die spreekwoordelike mynveld bevind indien hulle nie seker maak dat hulle oor die basiese kennis van onderwysreg beskik nie. Dit word gestaaf deur die talle hofsake, dispute, mediasie, dissiplinere verhore en die dikwels onaangename implikasies daarvan vir indiwidue (en hul gesinne) wat voortspruit uit aanklagte teen oortreders in alle sektore van die onderwys. Wetswysigings na aanleiding van veranderde omstandighede binne die onderwys, lei tot die behoefte om voortdurend op die hoogte van die implikasies en toepassing daarvan te wees. Hierdie dringende behoefte geld nie alleen vir skoolhoofde nie, maar vir elkeen betrokke by onderwys. Aan die een kant berus die korrekte toepassing en implementering by die beheerliggaam en die hoof van 'n inrigting, maar aan die anderkant raak dit die mense wat daar werksaam is. Die skrywers van hierdie boek het nie alleen 'n deeglike besef van hierdie noodsaaklike behoefte nie, hulle spreek dit ook baie effektief aan deur middel van hulle uiters waardevolle ervaring. Hierdie ervaring spruit voort uit praktiese betrokkenheid by die onderwys asook deeglike navorsing op die terrein van onderwysreg. Kennis van al die aspekte wat in hierdie boek aangespreek word, verbeter ongetwyfeld die kwaliteit van die onderrig- en leerproses in die klaskamer - 'n broodnodige doelwit om na te streef. Dit skep ook 'n veiliger omgewing waarbinne elkeen funksioneer. Persoonlik is ek baie dankbaar vir die bydrae wat deur middel van hierdie handige handleiding gemaak word tot die uiteindelike kwaliteit van onderwys in Suid Afrika. Dr. Jopie Breed President: SAOU

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Van Schaik Publishers

Country of origin

South Africa

Release date

February 2016

Availability

Expected to ship within 7 - 10 working days

Authors

,

Editors

Dimensions

245 x 170 x 15mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

232

Edition

3

ISBN-13

978-0-627-03423-7

Barcode

9780627034237

Languages

value

Categories

LSN

0-627-03423-3



Trending On Loot