Skei Maak Seer (Afrikaans, Paperback)


Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie ’n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is ’n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom ’n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om ’n paar waarhede in die oë te kyk:

· Is jy gereed vir ’n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?

· Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed?

· Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat jy met jou saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.


R64

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles640
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie ’n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is ’n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom ’n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om ’n paar waarhede in die oë te kyk:

· Is jy gereed vir ’n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?

· Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed?

· Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat jy met jou saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot