Karooveld - Ekologie en Bestuur (Afrikaans, Paperback)


Grondgebruikers in die asemrowend wilde en oop Karoolandskap het gekies om `n bestaan te voer in `n strawwe en wispelturige omgewing. Die onvoorspelbaarheid van die weer, saam met die buitengewone plantegroei van die streek, maak dat veeboerdery en ander ondernemings in die Karoo `n groter uitdaging is as in ander dele van Suid-Afrika. Hoe beter ons egter verstaan hoe hierdie ongewone ekosisteem werk, hoe beter kan ons bestuurspraktyke aanpas ten einde droogte rampe die hoof te bied en diereproduktiwiteit te handhaaf sonder verlies van spesiesdiversiteit en natuurlike hulpbronne. Die gids verskaf algemene bestuursbenaderings vir `n uitgestrekte geografiese gebied. Dit omvat die vygieveld van Namakwaland in die weste, deur die gemengde veldtipes van die Groot Karoo, tot die meer grasryke veldtipes van Cradock en Fauresmith in die ooste. Dit is saamgestel om vir die praktiese en vooruitstrewende grondgebruiker te help om omgewingsvriendelike veldbestuur toe te pas en om die uitwerking van beweiding en restourasie op die veld te beoordeel. Hierdie gids sal ook nuttig wees vir voornemende grondeienaars wat die potensiaal en geskiktheid van grond vir `n beplande onderneming wil weet voordat hulle die belegging maak, of wat nuuskierig is oor die Karoo en sy plante en diere. Nuttige inligting oor smaaklikheid van algemene Karooplante, uitheemse indringer-onkruide, en Grootvee-Eenheid ekwivalente vir kleinvee en wild word voorsien, sowel as `n kort geillustreerde gids tot die meer algemene Karooplante.

R413

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles4130
Delivery AdviceShips in 3 - 5 working days

1 more Sellers from R420

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Grondgebruikers in die asemrowend wilde en oop Karoolandskap het gekies om `n bestaan te voer in `n strawwe en wispelturige omgewing. Die onvoorspelbaarheid van die weer, saam met die buitengewone plantegroei van die streek, maak dat veeboerdery en ander ondernemings in die Karoo `n groter uitdaging is as in ander dele van Suid-Afrika. Hoe beter ons egter verstaan hoe hierdie ongewone ekosisteem werk, hoe beter kan ons bestuurspraktyke aanpas ten einde droogte rampe die hoof te bied en diereproduktiwiteit te handhaaf sonder verlies van spesiesdiversiteit en natuurlike hulpbronne. Die gids verskaf algemene bestuursbenaderings vir `n uitgestrekte geografiese gebied. Dit omvat die vygieveld van Namakwaland in die weste, deur die gemengde veldtipes van die Groot Karoo, tot die meer grasryke veldtipes van Cradock en Fauresmith in die ooste. Dit is saamgestel om vir die praktiese en vooruitstrewende grondgebruiker te help om omgewingsvriendelike veldbestuur toe te pas en om die uitwerking van beweiding en restourasie op die veld te beoordeel. Hierdie gids sal ook nuttig wees vir voornemende grondeienaars wat die potensiaal en geskiktheid van grond vir `n beplande onderneming wil weet voordat hulle die belegging maak, of wat nuuskierig is oor die Karoo en sy plante en diere. Nuttige inligting oor smaaklikheid van algemene Karooplante, uitheemse indringer-onkruide, en Grootvee-Eenheid ekwivalente vir kleinvee en wild word voorsien, sowel as `n kort geillustreerde gids tot die meer algemene Karooplante.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Briza

Country of origin

South Africa

Release date

2006

Availability

Expected to ship within 3 - 5 working days

Editors

Dimensions

240 x 210 x 15mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

214

ISBN-13

978-1-875093-55-7

Barcode

9781875093557

Languages

value

Categories

LSN

1-875093-55-9



Trending On Loot