Katrien se koeke - Smullekker resepte en oorspronklike sjokoladeversierings (Paperback)


Katrien is dol oor sjokolade en gebruik dit as versiering vir koeke omdat dit so 'n veelsydige medium is. In hierdie boek wys sy jou hoe om pragtig versierde koeke te skep: vars, eietyds, prettig en onweerstaanbaar. Daar is tegnieke en idees vir almal, of jy nou sommer 'n klaargemaakte koek koop en versier of met sorg jou eie heerlike koek bak volgens die resepte in die boek, of jy net vir spesiale geleenthede iets bak, of daagliks oonde vol koeke vir 'n tuisbedryf kafdraf. Met meer as 20 oorspronklike koekontwerpe, asook klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer, kan jy maklike leer hoe om jou eie meesterstukke te skep. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het. Die koekresepte is deeglik getoets, en saam met die smullekker vulselresepte met riglyne vir die vermeerdering van bestanddele na gelang van jou behoefte, asook patrone vir die versierings, maak dit van hierdie boek 'n onmisbare gids vir almal wat graag bak. Die inhoud dek die volgende: Basiese tegnieke; gereedskap; soorte sjokolade; hoe om met sjokolade te werk; die vul en bedek van koeke; hoe om koeke te stapel; koekbordversiering; ontwerpe; basiese resepte; porsiegids; vervoer en bere; uitmekaarhaal en sny; patrone. Die pragfoto's laat reg geskied aan die pragkoeke wat elkeen daarvan getuig dat koekbak 'n kunsvorm geword het. Die projekte is gegradeer van maklik tot gevorderd, dus is daar iets vir almal.

R75
List Price R95
Save R20 21%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles750
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Katrien is dol oor sjokolade en gebruik dit as versiering vir koeke omdat dit so 'n veelsydige medium is. In hierdie boek wys sy jou hoe om pragtig versierde koeke te skep: vars, eietyds, prettig en onweerstaanbaar. Daar is tegnieke en idees vir almal, of jy nou sommer 'n klaargemaakte koek koop en versier of met sorg jou eie heerlike koek bak volgens die resepte in die boek, of jy net vir spesiale geleenthede iets bak, of daagliks oonde vol koeke vir 'n tuisbedryf kafdraf. Met meer as 20 oorspronklike koekontwerpe, asook klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer, kan jy maklike leer hoe om jou eie meesterstukke te skep. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het. Die koekresepte is deeglik getoets, en saam met die smullekker vulselresepte met riglyne vir die vermeerdering van bestanddele na gelang van jou behoefte, asook patrone vir die versierings, maak dit van hierdie boek 'n onmisbare gids vir almal wat graag bak. Die inhoud dek die volgende: Basiese tegnieke; gereedskap; soorte sjokolade; hoe om met sjokolade te werk; die vul en bedek van koeke; hoe om koeke te stapel; koekbordversiering; ontwerpe; basiese resepte; porsiegids; vervoer en bere; uitmekaarhaal en sny; patrone. Die pragfoto's laat reg geskied aan die pragkoeke wat elkeen daarvan getuig dat koekbak 'n kunsvorm geword het. Die projekte is gegradeer van maklik tot gevorderd, dus is daar iets vir almal.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

August 2011

Availability

Expected to ship within 5 - 10 working days

Authors

Dimensions

260 x 195 x 10mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

160

ISBN-13

978-1-920479-16-9

Barcode

9781920479169

Categories

LSN

1-920479-16-3



Trending On Loot