Kook saam Kaaps (Afrikaans, Paperback)

,
Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding – eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings – is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met ’n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding. Kook Saam Kaaps, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg. Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel. Voorbeelde van resepte: Uieslaai, Tuna-viskoekies, Groentekoekies, Kerrieafval, Tamatiepootjies Tamatiefrikkadelle, Boontjie-en-wors-bredie, Wortel-en-ertjie-bredie, Koolbredie, Ouvrou-onder-die-kombers, Hoenderpastei, Groentesop, Vissop, Aartappel-en-uie-sop, Romerige botterhoender, Maalvleis roly-poly, Vinnige rosyntjiebroodjie, Spinasiebrood, Granny Smith appels met patatvulsel, Onmoontlike tert, Ma Flori se pynappelyskastert, Broodpoeding, Malvalekkerpoeding, Onderstebo-tert.

R215
List Price R250
Save R35 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2150
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding – eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings – is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met ’n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding. Kook Saam Kaaps, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg. Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel. Voorbeelde van resepte: Uieslaai, Tuna-viskoekies, Groentekoekies, Kerrieafval, Tamatiepootjies Tamatiefrikkadelle, Boontjie-en-wors-bredie, Wortel-en-ertjie-bredie, Koolbredie, Ouvrou-onder-die-kombers, Hoenderpastei, Groentesop, Vissop, Aartappel-en-uie-sop, Romerige botterhoender, Maalvleis roly-poly, Vinnige rosyntjiebroodjie, Spinasiebrood, Granny Smith appels met patatvulsel, Onmoontlike tert, Ma Flori se pynappelyskastert, Broodpoeding, Malvalekkerpoeding, Onderstebo-tert.

Customer Reviews

Average Rating  (4 Customers)




Trending On Loot