Send or share

Koester Jou Swangerskap - Jou Gids Vir 'N Kommervrye Swangerskap En Onvergeetlike Geboorte (Paperback)

Swangerskap is 'n ervaring soos min. Dit is die begin van 'n nuwe lewe, maar ook die geboorte van 'n ma wat met die verloop van nege maande op elke denkbare manier verander - fisies, emosioneel en sosiaal. Jou voeding, welstand en emosies gedurende hierdie wonderlike tydperk speel 'n rigtinggewende rol in die res van jou baba se lewe. Die ervaring moet vir jou ook veilig en behoudend wees sodat jy jou baba reg kan laat wegspring en sy potensiaal ontgin. Die geboorte, wanneer jou baba haar verskyning in ons wereld maak, is 'n diep betekenisvolle oomblik - een wat jy nie kan herhaal nie. Deur ten volle ingelig te wees, jou opsies te verstaan en 'n aktiewe rol te speel in die keuses wat gemaak word, sal 'n enorme verskil maak. Uiteindelik is dit nie belangrik hoe jou baba gebore word nie; wat belangrik is, is hoe jy dit ervaar en dat alles veilig afloop. Lees Koester jou Swangerskap en raak ontslae van die angstigheid wat die onbekende meebring. Dit sal jou help om jou keuses met insig en aanpasbaarheid uit te oefen: Voorbereiding vir swangerskap; Geboortekeuses; Jou groeiende baba week vir week; Jou veranderende liggaam week vir week; 'n Gids tot die geboorteproses; As jou baba te vroeg gebore word; Jou nuweling se eerste dae en weke.
R99
List Price R185
Save R86 46%

Pay from as little as R24.75Learn more

payflex-widget-image
Discovery Miles990

Non-Returnable

Delivery Advice

In Stock

1 more Sellers from R184
Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Swangerskap is 'n ervaring soos min. Dit is die begin van 'n nuwe lewe, maar ook die geboorte van 'n ma wat met die verloop van nege maande op elke denkbare manier verander - fisies, emosioneel en sosiaal. Jou voeding, welstand en emosies gedurende hierdie wonderlike tydperk speel 'n rigtinggewende rol in die res van jou baba se lewe. Die ervaring moet vir jou ook veilig en behoudend wees sodat jy jou baba reg kan laat wegspring en sy potensiaal ontgin. Die geboorte, wanneer jou baba haar verskyning in ons wereld maak, is 'n diep betekenisvolle oomblik - een wat jy nie kan herhaal nie. Deur ten volle ingelig te wees, jou opsies te verstaan en 'n aktiewe rol te speel in die keuses wat gemaak word, sal 'n enorme verskil maak. Uiteindelik is dit nie belangrik hoe jou baba gebore word nie; wat belangrik is, is hoe jy dit ervaar en dat alles veilig afloop. Lees Koester jou Swangerskap en raak ontslae van die angstigheid wat die onbekende meebring. Dit sal jou help om jou keuses met insig en aanpasbaarheid uit te oefen: Voorbereiding vir swangerskap; Geboortekeuses; Jou groeiende baba week vir week; Jou veranderende liggaam week vir week; 'n Gids tot die geboorteproses; As jou baba te vroeg gebore word; Jou nuweling se eerste dae en weke.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

October 2016

Availability

In stock. We should be able to ship in 1 working day.

Authors

, ,

Dimensions

244 x 172 x 11mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

176

ISBN-13

978-1-928201-96-0

Barcode

9781928201960

Categories

LSN

1-928201-96-2

Book Clearance Sale

COPYRIGHT © 2026 AFRICA ONLINE RETAIL (PTY)LTD. ALL RIGHTS RESERVED. Khutaza Park, 27 Bell Crescent, Westlake Business Park. PO Box 30836, Tokai, 7966, South Africa. info@loot.co.za

All prices displayed are subject to fluctuations and stock availability as outlined in our Terms & Conditions