Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback)


Wie die ANC vandag wil verstaan, moet sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap ondersoek. Dié party se beleid en manier van regeer is naamlik diep beïnvloed deur die kommunisme, skryf die politieke kommentator Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1927 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die leiding daarvan oor te neem as deel van ’n revolusie wat in twee fases sou plaasvind. Die eerste fase sou ’n nasionaal demokratiese revolusie wees – ’n konsep wat steeds deel is van die ANC se beleid. In die tweede fase sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Hoewel die ANC na buite demokrasie voorgestaan het, was daar ’n groot gebrek daaraan binne die alliansie en ernstige menseregtevergrype het in sy buitelandse kampe en basisse plaasgevind. Scholtz toon voorts aan hoe die ANC/SAKP-alliansie in ballingskap gekenmerk is deur ’n dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid, asook selfverryking en korrupsie deur ’n groot deel van die leiding.

In groot mate is dit vandag steeds kenmerkend van die ANC/SAKP.


R240
List Price R300
Save R60 20%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2400
Delivery AdviceShips in 5 - 10 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Wie die ANC vandag wil verstaan, moet sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap ondersoek. Dié party se beleid en manier van regeer is naamlik diep beïnvloed deur die kommunisme, skryf die politieke kommentator Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1927 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die leiding daarvan oor te neem as deel van ’n revolusie wat in twee fases sou plaasvind. Die eerste fase sou ’n nasionaal demokratiese revolusie wees – ’n konsep wat steeds deel is van die ANC se beleid. In die tweede fase sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Hoewel die ANC na buite demokrasie voorgestaan het, was daar ’n groot gebrek daaraan binne die alliansie en ernstige menseregtevergrype het in sy buitelandse kampe en basisse plaasgevind. Scholtz toon voorts aan hoe die ANC/SAKP-alliansie in ballingskap gekenmerk is deur ’n dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid, asook selfverryking en korrupsie deur ’n groot deel van die leiding.

In groot mate is dit vandag steeds kenmerkend van die ANC/SAKP.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot