Jy Maak My Gelukkig - Lekker Korter Liefdesverhale! (Afrikaans, Paperback)


Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help!

Roekelose harte - Marilinda Murray

Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.

Toe-oë afspraak - Madelie Human

Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.

Legkaart van die hart - Ildé Grové

Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?

'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe

Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …

Gelykbreek-liefde - Ernalize du Toit

Behati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.

Bie op haar hart - Antoinette Venter

Met 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.

'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach

Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?

Beter vir haar hart - Jessica Venter

Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.

Jy maak my gelukkig is die tweede omnibus (ná Strooisuikerliefde wat in Maart 2019 verskyn) wat onder die Jongliefde-handelsmerk verskyn.


R146
List Price R170
Save R24 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1460
Delivery AdviceShips in 7 - 11 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help!

Roekelose harte - Marilinda Murray

Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.

Toe-oë afspraak - Madelie Human

Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.

Legkaart van die hart - Ildé Grové

Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?

'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe

Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …

Gelykbreek-liefde - Ernalize du Toit

Behati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.

Bie op haar hart - Antoinette Venter

Met 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.

'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach

Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?

Beter vir haar hart - Jessica Venter

Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.

Jy maak my gelukkig is die tweede omnibus (ná Strooisuikerliefde wat in Maart 2019 verskyn) wat onder die Jongliefde-handelsmerk verskyn.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk

Country of origin

South Africa

Series

Jongliefde

Release date

May 2019

Availability

Expected to ship within 7 - 11 working days

Compiled by

Dimensions

198 x 129 x 50mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

448

ISBN-13

978-0-7993-9459-7

Barcode

9780799394597

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-9459-9



Trending On Loot