Borsvoed jou baba - Maak dit vir jou en jou baba maklik (Paperback)


Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesondste manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma's het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is 'n volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma's wat borsvoed. Die jongste navorsing op die gebied word in die inhoud weerspieel, en omdat die boek op 'n sterk feitebasis berus, sal dit ook van onskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortelike begeleiers en doulas - enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan. Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met tien top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma's ook gerusstel dat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende: Hoekom borsvoed; Voorbereiding vir borsvoeding; Hoe borsvoeding werk; Die beste begin (suiggreep en genoeg melk); Voorkoming en hantering van probleme; 'n Baba in die huis; Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander hulpmiddels); Die ouer baba; Wanneer om te speen; Borsvoeding in spesiale omstandighede. Daar is ook 'n lys name en kontakbesonderhede van laktasiespesialiste en La Leche-groepe regdeur die land sodat ma's wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.

R86
List Price R110
Save R24 22%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles860
Delivery AdviceShips in 10 - 15 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesondste manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma's het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is 'n volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma's wat borsvoed. Die jongste navorsing op die gebied word in die inhoud weerspieel, en omdat die boek op 'n sterk feitebasis berus, sal dit ook van onskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortelike begeleiers en doulas - enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan. Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met tien top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma's ook gerusstel dat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende: Hoekom borsvoed; Voorbereiding vir borsvoeding; Hoe borsvoeding werk; Die beste begin (suiggreep en genoeg melk); Voorkoming en hantering van probleme; 'n Baba in die huis; Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander hulpmiddels); Die ouer baba; Wanneer om te speen; Borsvoeding in spesiale omstandighede. Daar is ook 'n lys name en kontakbesonderhede van laktasiespesialiste en La Leche-groepe regdeur die land sodat ma's wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

2013

Availability

Expected to ship within 10 - 15 working days

Authors

Dimensions

245 x 171 x 13mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

176

ISBN-13

978-1-920479-71-8

Barcode

9781920479718

Categories

LSN

1-920479-71-6



Trending On Loot