Die Nuwe Alles-In-Een Alles wat jou kind nodig het om Graad 3 te slaag- boekpak bevat drie werkboeke met alles wat jou kind nodig het om sukses in wiskunde-, spel-, lees- en skryfvaardighede te behaal, ontwikkel vir die Suid-Afrikaanse kind in die Grondslagfase.
Nuwe Alles-In-Een Graad 3 Pret met Wiskunde-werkboek
Hierdie werkboek bevat:
- 'n inleiding vir die ouer of opvoeder oor hoe en wanneer om elke oefening, speletjie of werkvel saam met die kind te voltooi.
- hersiening van Graad 2 se begrippe.
- 96 aktiwiteite om wiskundigevaardighede te slyp, te ontwikkel en in te skerp.
- vier volkleurspeletjies om uit te knip en mee te speel om elke kwartaal af te sluit.
Nuwe Alles-In-Een Graad 3 Pret met spel-werkboek
Hierdie volkleurwerkboek bevat:
- stap-vir-stap-riglyne en wenke vir oor hoe en wanneer om elke aktiwiteit, speletjie of werkvel saam met die kind te voltooi.
- 40 volkleurbord- en bewegingspeletjies om uit te knip.
- werkvelle om taalvaardighede in te skerp.
- 'n lys met die 510 belangrikste spelwoorde, sowel as spelreëls.
- 'n lys met die 300 belangrikste sigwoorde wat elke Graad 3-kind moet ken.
- algemene riglyne en inligting oor Suid-Afrikaanse spelkompetisies met betrekking tot die voorgeskrewe klanke, sigwoorde en/of spelwoorde.
Nuwe Alles-In-Een Graad 3 Leer lees en skryf-werkboek
Hierdie werkboek bevat:
- 'n inleiding vir die ouer of opvoeder oor hoe en wanneer om elke aktiwiteit, speletjie of werkvel saam met die kind te voltooi.
- handskrifoefeninge en skrifstrokies gemik daarop om drukskrif en lopende skrif in die korrekte lettertipe en -formasie én in die korrekte reëlspasiëring te oefen.
- illustrasies met ’n Suid-Afrikaanse aanslag om kinders te stimuleer en betrokke te hou, sowel as geleentheid te gee om in te kleur.
- tematiese leeslesse om kinders se woordeskat te verbeter, hulle te help om met selfvertroue en begrip te lees en die uitspraak van klanke korrek aan te leer.
- taaloefeninge wat op die leeslesse volg om taalvaardighede in te skerp.