Die waarde van gesprekke in die aanloop en nadraai van geskiedkundige gebeure soos rebellies, opstande en oorloë kan nie onderskat word nie. Politieke verwikkelinge soos Suid- Afrikaners se gesprekke met die ANC toe dié organisasie nog verban was, het die hele land aan die stry gehad. Om nie te praat van Afrikaans en sy rasse-bagasie of kerksake soos die Belharbelydenis en die hantering van gay lidmate nie. En wie sal die spanning wat tussen H.F. Verwoerd en N.P. van Wyk Louw ontstaan het met die pluimsaad-polemiek, vergeet? Piekniek by Dingaan en die Voëlvry-beweging het nie net opskuddings op kultuurgebied veroorsaak nie. Ook het die eggo’s van kwessies soos “gemengde” sport en boikotte, en die skandes wat sportsterre soos Hansie Cronjé, Joost van der Westhuizen en Oscar Pistorius veroorsaak het, in alle sfere van die samelewing weerklink.
Misdaad soos plaasaanvalle en -moorde is daagliks op Suid-Afrikaners se lippe, net soos wat daar steeds oor figure soos Daisy de Melker, Gert van Rooyen en Joey Haarhoff gegons word. In Polemieke bied Gabriël Botma lesers ’n blik op bekende én byna vergete woordtwiste wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis help slyp het. Karakters wat ’n sentrale rol in Afrikanerpolemieke gespeel het, word aan die vergetelheid ontruk, en hedendaagse polemici kom onder die loep. Binne die konteks van Afrikaner-nasionalisme het dié strydpunte deurgaans gelei tot groter insig onder betrokkenes en lesers, maar terselfdertyd is die verdelingslyne wat van ver af kom, dieper afgeëts.
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Imprint | Penguin Books (SA) (Pty) Ltd |
Country of origin | South Africa |
Release date | March 2018 |
Availability | Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available. |
Authors | Gabriel J. Botma |
Dimensions | 234 x 153 x 19mm (L x W x T) |
Format | Paperback |
Pages | 224 |
ISBN-13 | 978-1-77609-231-4 |
Barcode | 9781776092314 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 1-77609-231-7 |