Rame by dosyne - Herwin of van nuuts af gemaak - meer as 60 projekte (Paperback)


Hierdie boek is nie 'n selfdoengids oor tradisionele raamwerk nie - dit is propvol oorspronklike idees en wys jou hoe om ou rame te vernuwe, te herwin en te hergebruik en hoe om kaal rame te tooi sodat jy jou foto's, prente en ander items op hul mooiste kan vertoon. Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot 'n groot swartbord vir 'n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee. Die boek spoor jou aan om anders na rame te kyk en verder as hout en verstekhoeke te gaan. Leer om rame te maak met polistireenkroonlyste, polimeerklei, tydskrifblaaie, afvalstukkies leer, karton en watteersel, draad, lap, liniale, 'n ou fietsband en ander vondste en te versier met uiteenlopende materiaal soos gebruikte seesakkies en goudblad. Daar is ook rame wat funksioneel sowel as dekoratief is en kan dien as organiseerders vir enigiets van serpe tot notas en memos. Praktiese wenke en stap-vir-stap-foto's word aangevul deur pragtige kleurfoto's van meer as 60 voltooide rame.

R75
List Price R95
Save R20 21%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles750
Delivery AdviceShips in 11 - 16 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Hierdie boek is nie 'n selfdoengids oor tradisionele raamwerk nie - dit is propvol oorspronklike idees en wys jou hoe om ou rame te vernuwe, te herwin en te hergebruik en hoe om kaal rame te tooi sodat jy jou foto's, prente en ander items op hul mooiste kan vertoon. Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot 'n groot swartbord vir 'n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee. Die boek spoor jou aan om anders na rame te kyk en verder as hout en verstekhoeke te gaan. Leer om rame te maak met polistireenkroonlyste, polimeerklei, tydskrifblaaie, afvalstukkies leer, karton en watteersel, draad, lap, liniale, 'n ou fietsband en ander vondste en te versier met uiteenlopende materiaal soos gebruikte seesakkies en goudblad. Daar is ook rame wat funksioneel sowel as dekoratief is en kan dien as organiseerders vir enigiets van serpe tot notas en memos. Praktiese wenke en stap-vir-stap-foto's word aangevul deur pragtige kleurfoto's van meer as 60 voltooide rame.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

April 2016

Availability

Expected to ship within 11 - 16 working days

Authors

Dimensions

260 x 193 x 10mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

128

ISBN-13

978-1-928201-73-1

Barcode

9781928201731

Categories

LSN

1-928201-73-3



Trending On Loot