Uit Die Hart Van 'n Vrou (Afrikaans, Paperback)


Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.

Dit grief haar dat haar man so pateties afhanklik geword het van drank en dat dit veroorsaak dat selfs sy waardigheid in die slag bly. Die ergste is sy ontkenning van die probleem en dat hy halsstarrig op ’n pad van selfvernietiging is.

Daarenteen weifel Wanda by haar eie vurk in die pad. Net toe sy dink Sephus het sy ou streke laat staan, steek dit weer kop uit en moet sy uit noodweer optree om dinge stil te hou want die dorp is klein.

Sy ken haar man en sy beheer oor haar. Hy maak haar sag om haar lojaliteit te koop, maar sy is gekonfyt daarin om hom te paai en sy onbeheersde woedebuie te temper, hoewel dit nou so geëskaleer het dat dit onhoudbaar is. Beide vriendinne sukkel om emosioneel kop bo water te hou, maar daar is troos in susterskap.

R275
List Price R320
Save R45 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2750
Delivery AdviceShips in 7 - 11 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Read Reviews | Review this Item



Product Description

Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.

Dit grief haar dat haar man so pateties afhanklik geword het van drank en dat dit veroorsaak dat selfs sy waardigheid in die slag bly. Die ergste is sy ontkenning van die probleem en dat hy halsstarrig op ’n pad van selfvernietiging is.

Daarenteen weifel Wanda by haar eie vurk in die pad. Net toe sy dink Sephus het sy ou streke laat staan, steek dit weer kop uit en moet sy uit noodweer optree om dinge stil te hou want die dorp is klein.

Sy ken haar man en sy beheer oor haar. Hy maak haar sag om haar lojaliteit te koop, maar sy is gekonfyt daarin om hom te paai en sy onbeheersde woedebuie te temper, hoewel dit nou so geëskaleer het dat dit onhoudbaar is. Beide vriendinne sukkel om emosioneel kop bo water te hou, maar daar is troos in susterskap.

Customer Reviews

Average Rating  (1 Customer)

Reviews

Ek het jou boek gate uit geniet! Ek was veral mal oor die mooi Afrikaanse woorde, baie wat ek al van vergeet het. Ek het soms sommer hardop gelag vir die beskrywings - te lieflik. Ek het baie van Claire gehou en vir Kris jammer gekry. Claire was so sterk en sonder aansit. Ek is regtig bly dat hulle hul huwelik weer op dreef kon kry. Dit was vir my goed dat Claire uiteindelik kon praat oor wat met haar gebeur het in London en die genesing wat daarmee saam gegaan het. Ek wou vir Wanda so af en toe sommer aan die skouers ruk! Ek kon die vermetelheid van Sephus net nie glo nie en veral ook hoe hy dinge verdraai het om hom te pas. Hy het inderdaad gekry wat hom toekom - ek is net bly dat dit nie Wanda se lewe verongeluk het nie. Ek het die boek ontsettend geniet, veral omdat ek nie aan 'n Afrikaanse boek geraak het in jare nie! Die karakters het so lekker ontwikkel en die taalgebruik was vir my puik!

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk

Country of origin

South Africa

Release date

August 2019

Availability

Expected to ship within 7 - 11 working days

Authors

Dimensions

200 x 130 x 20mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

304

ISBN-13

978-0-7993-9654-6

Barcode

9780799396546

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-9654-0



Trending On Loot