Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.
In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.
Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

'n Kosbare versameling van tydlose resepte met Errieda se pragtige stories.
Imprint | Struik Lifestyle (Random House Struik) |
Country of origin | South Africa |
Release date | September 2019 |
Availability | Expected to ship within 10 - 15 working days |
Authors | Errieda du Toit |
Dimensions | 250 x 210 x 50mm (L x W x T) |
Format | Hardcover |
Pages | 192 |
ISBN-13 | 978-1-4323-0985-5 |
Barcode | 9781432309855 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 1-4323-0985-4 |