Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-
Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te
gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se
belangstelling af te weer.
Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed –
’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het
’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red.
Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar
begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie
hul oë of hande van mekaar afhou nie.
Hy leef ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk
kan hulle tog aan ’n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek?
Dit blyk dat Amanda se eks nie wil aanvaar dat dinge tussen hulle verby is nie.
Boonop beweeg Leonardo in eksklusiewe kringe: Sal Amanda kan aard tussen
die Kaapse elite?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!