Die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee ’n uitstekende beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse woordeskat en die fyn net van betekenisse wat binne die woordeskat geweef word. Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil komminukeer, is dit ‘n besondere instrument.
- Meer as 140 000 inskrywings word in 855 betekenisvelde gerangskik.
- Verwante woorde en uitdrukkings word in elkeen van hierdie betekenisvelde opgeneem.
- Ontsluiting van nuanseverskille tussen sinonieme, byna sinonieme, en teenoorgesteldes.
- Oorkoepelende terme en woorde wat betekenisverhoudinge uitwys, bv. woorde wat verwys na die onderdele van 'n saak en woorde wat verwys na die persoon wat 'n bepaalde handeling uitvoer.
- Spreekwoorde en ander vaste uitdrukkings wat met bepaalde konsepte geassosieer word.
- 'n Uitgebreide indeks.
- Handige kruisverwysings en gebruiketikette.