Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more
Ek het jou boek gate uit geniet! Ek was veral mal oor die mooi Afrikaanse woorde, baie wat ek al van vergeet het. Ek het soms sommer hardop gelag vir die beskrywings - te lieflik. Ek het baie van Claire gehou en vir Kris jammer gekry. Claire was so sterk en sonder aansit. Ek is regtig bly dat hulle hul huwelik weer op dreef kon kry. Dit was vir my goed dat Claire uiteindelik kon praat oor wat met haar gebeur het in London en die genesing wat daarmee saam gegaan het. Ek wou vir Wanda so af en toe sommer aan die skouers ruk! Ek kon die vermetelheid van Sephus net nie glo nie en veral ook hoe hy dinge verdraai het om hom te pas. Hy het inderdaad gekry wat hom toekom - ek is net bly dat dit nie Wanda se lewe verongeluk het nie. Ek het die boek ontsettend geniet, veral omdat ek nie aan 'n Afrikaanse boek geraak het in jare nie! Die karakters het so lekker ontwikkel en die taalgebruik was vir my puik!
Imprint | LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk |
Country of origin | South Africa |
Release date | August 2019 |
Availability | Expected to ship within 7 - 11 working days |
Authors | Rozaan De Wet |
Dimensions | 200 x 130 x 20mm (L x W x T) |
Format | Paperback |
Pages | 304 |
ISBN-13 | 978-0-7993-9654-6 |
Barcode | 9780799396546 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 0-7993-9654-0 |