In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n nostalgiese kosreis
en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met
hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante -
en soms komiese - vertellings.
So is daar onder andere die blikkie kondensmelk
(engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike
kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die
plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die
reuk van kwepers wat in 'n Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die
boord vir konfyt.
Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings,
koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek
vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak.
Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n bord kos te kook en dit te deel met die engele
in jou lewe. Kom, wees 'n engel!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!