0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (13)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 13 of 13 matches in All departments

Dagboek van 'n Wimpy Kid 1: 'n Tekenprent Roman (Afrikaans, Paperback, New Edition): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 1: 'n Tekenprent Roman (Afrikaans, Paperback, New Edition)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R160 R126 Discovery Miles 1 260 Save R34 (21%) In stock

Eers wil ek iets net baie duidelik maak: Hierdie is 'n Joernaal en nie 'n dagboek nie. Ek weet wat dit op die omslag se, maar toe Ma hierdie ding gaan koop het, het ek spesifiek gevra om een te kry waarop daar nie "dagboek" staan nie. Die enigste rede hoekom ek enigsins ja gese het vir die ding, is sodat ek dit eendag kan gebruik as ek ryk en beroemd is. Maar nou is ek eers vasgekeer tussen 'n klomp morone.

Vandag is die eerste dag van skool. Toe dink ek ek kan maar netsowel in hierdie boek skryf om die tyd vinniger te laat verbygaan.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 2: Rodrick Regeer (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 2: Rodrick Regeer (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo 1
R160 R126 Discovery Miles 1 260 Save R34 (21%) In stock

Met die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te sit ... veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie spandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie. Ongelukkig weet Greg se ouer broer, Rodrick, van die geheim wat Greg graag wil wegsteek. Maar geheime het n manier om uit te lek ... veral asn dagboek ter sprake is.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 3: Die Laaste Strooi (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 3: Die Laaste Strooi (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R160 R126 Discovery Miles 1 260 Save R34 (21%) In stock

Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimpgewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik.

Jy sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander “manlike” aktiwiteite.

Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na ’n militre akademie te stuur, besef Greg hy sal hom moet regruk voordat hy weggeruk word.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 4: In die Hondehok (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 4: In die Hondehok (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R160 R126 Discovery Miles 1 260 Save R34 (21%) In stock

Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe.

Greg, 'n selferkende "binneshuise persoon", ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen rels. Maar Greg se ma se idee van 'n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en "gesinstyd".

Wie se idee gaan wen? Of sal 'n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander?

My Eerste Groot Woordeboek (Afrikaans, Hardcover): Richard Scarry My Eerste Groot Woordeboek (Afrikaans, Hardcover)
Richard Scarry; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

In Richard Scarry se My Eerste Groot Woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad.

Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wreld kan uitbrei.

’n Plesier vir oud en jonk!

Die Drie Vriende (Afrikaans, Hardcover): Mini Grey Die Drie Vriende (Afrikaans, Hardcover)
Mini Grey; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R134 Discovery Miles 1 340 Ships in 10 - 15 working days

In ’n huisie by die see woon ’n kat, ’n hond en ’n muis gelukkig saam.

Op ’n dag klop ’n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen ’n spesiale geskenk.

Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?

Wat Doen Mense Elke Dag? (Afrikaans, Hardcover): Richard Scarry Wat Doen Mense Elke Dag? (Afrikaans, Hardcover)
Richard Scarry; Translated by Carina Diedericks-Hugo
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op ’n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels.

Wat doen ’n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad? Verder kan honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge geleer word.

Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wreld kan uitbrei. ’n Plesier vir oud en jonk!

Karaktermoord (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Karaktermoord (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R240 R189 Discovery Miles 1 890 Save R51 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind n ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.

’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.

Thomas@: Boek 3 - Omnibus (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@: Boek 3 - Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeugboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in di avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat vier titels:

Thomas@geraamte.net

Thomas en sy vriende gaan op ? rugby- en netbaltoer na Namibi en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.

Thomas@rock-ster.net

Thomas se lewe suig harder as n stofsuier. Hy is (alweer) in die moeilikheid by die skoolhoof. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. Boonop voel dit ook asof sy vriende hom in die rug steeks wanneer hulle n band begin sonder om hom eens daarvan te s. Maar toe sy vriende hulle band inskryf vir n rock-kompetisie, raak dit duidelik dat hulle nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen selfs al beteken dit dat iemand anders kan seerkry

Thomas@vrees.net

Nadat Thomas laat een aand n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?

Thomas@skaduwee.net

Thomas hoor toevallig hoe twee mans planne beraam om n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te kry. Thomas word in die onderwreld van Kaapstad vasgekeer en niemand wat weet waar hy is nie

Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@ Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in di avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:

Thomas@SMS.net

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ...

Thomas@nagmerrie.net

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net o het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?

Thomas@aksie.net

Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry.

thomas@ Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo thomas@ Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!

Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in di avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar:

Thomas@moord.net

Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na 'n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig 'n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... 'n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland.

Thomas@skerpioen.net

Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry?

Thomas@aqua.net

Thomas-hulle sien uit na 'n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...

Die Groenmambas en Shaka se spies (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Die Groenmambas en Shaka se spies (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R122 R103 Discovery Miles 1 030 Save R19 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Hy het net ingestap toe 'n man uit een van die hokkies strompel. Met sy een hand hou hy sy maag vas en in sy ander hand is daar 'n pakkie wat met bruinpapier toegedraai is. Die man pyl op Zuki af en druk die pakkie in sy hande. Vat. Steek ... weg. Moenie dat hulle dit kry nie. Nie ... na die ... polisie, kreun die man en sak inmekaar op die vloer. Zuki, Alisha, Xavier en Inge is in Graad 7 en hulle was nog altyd goeie maats. Die vier beland gedurig in die middel van een of ander avontuur. Dis die dat hulle in Graad 3 besluit het om hulself die Groenmambas te noem. Op 'n skooltoer na Durban word die Mambas weer onverwags by 'n raaiselagtige moord betrek. Moderne kinders sal maklik identifiseer met hierdie spanningsverhaal omdat dit so seepglad aangebied word soos 'n TV-reeks. Wat ons hier kry, is lewendige dialoog eerder as dooie beskrywings; kort tonele met baie aksie wat afgespeel word op herkenbare plekke soos Durban, in strate en geboue wat werklik bestaan; en gereelde verwysings na nie-fiktiewe helde soos Ryk Neethling en Schalk Burger. Marita van der Vyver

Thomas@sms.net KABV (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@sms.net KABV (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R135 R116 Discovery Miles 1 160 Save R19 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R359 R287 Discovery Miles 2 870
VetIQ HealthyBites Breath & Dental…
R69 R49 Discovery Miles 490
Gloop Unicorn Poop Slime
R50 Discovery Miles 500
KN95 Protective Mask (Single)
 (57)
R59 Discovery Miles 590
The Witcher 3 - Game Of The Year Edition
Blu-ray disc  (12)
R967 R491 Discovery Miles 4 910
Medalist Oval Runner's Water Bottle…
R31 Discovery Miles 310
Funko Mystery Mini Box - Incredibles 2…
R149 R92 Discovery Miles 920
Geostorm
Gerard Butler, Jim Sturgess, … Blu-ray disc  (3)
R199 R91 Discovery Miles 910
Cluedo Big Bang Theory
 (3)
R699 R589 Discovery Miles 5 890
Taurus Glass Electric Heater (1500W…
 (9)
R1,799 R1,099 Discovery Miles 10 990

 

Partners