![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 30 matches in All departments
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help Om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem. Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …
Kerneels is ’n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en ’n stukkende groottoon. Sy ma is ’n skoonmaakster by ’n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom ’n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in ’n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”
Sea Stories is a collection of stories from around the world, from “Hans and the hole” in Haarlem to the harvesters of seabird nests Adhi and Sinta in the East. But there are also many local stories about the Birkenhead Command, “The Flying Dutchman”, the Alibama, Wolraad Woltemade, the Hole-in-the-Wall at esiKhaleni where the water people come to fetch you, “The ghosts of Jutten Island”, “Adamastor and the Cape of Storms” and the shepherd from Macassar who found Sheik Yusuf’s grave amongst the dunes. Sea Stories also contains adaptations of The Little Mermaid, the tale of Princess Elisa and her eleven swan brothers, and the West Coast farmer Koos Malgas who stole his wife’s seal skin. And of course Hare tricks Salt Water Crocodile. The charming illustrations by Marjorie van Heerden will carry a little reader away to a magical world full of oceanic wonder.
My eerste Bybel bestaan 43 Ou en Nuwe Testamentverhale vertel deur Wendy Maartens, spesiaal vir kinders tussen 0 en 3 jaar oud. Die kunswerk is tydloos, maar helder en mooi en dit sal klein kindertjies bekoor. Die teks is kort en in maklik verstaanbare taal. Die verhale is so gekies om die kern van die Evangelie vir kleintjies te kan oordra.
Stories van die see is 'n versameling seestories van regoor die wereld – van “Hans en die gaatjie” in Haarlem tot die seevoelnesplukkers Adhi en Sinta in die Ooste. Maar daar is ook heelwat plaaslike verhale oor die Birkenhead-bevel, “Die Vlieende Hollander”, Die Alibama, Wolraad Woltemade, die Gat-in-die-Muur by esiKhaleni waar die watermense jou kom haal, “Die spoke van Jutteneiland”, “Adamastor en die Kaap van Storms” en die skaapwagtertjie van Macassar wat Sjeg Joesoef se graf tussen die duine gevind het. Stories van die see bevat verwerkings van The Little Mermaid en die verhaal van Prinses Elisa en haar elf swane-broers, asook die Weskusboer Koos Malgas wat sy robvrou se vel gesteel het. En natuurlik kul Hasie vir soutwaterkrokodil. Saam met die pragtige illustrasies van Marjorie van Heerden sal Stories van die see 'n klein lesertjie wegvoer na 'n magiese seestoriewereld.
Hoe hard kan Sylvester brul?
Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. ’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.
In this charmingly illustrated book, the celebrated storyteller Wendy Maartens compiled 21 stories of unsung South African heroes.
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. ’n Klein brakkie met ’n groot hart Wollie was ’n hawelose Maltese poedeltjie met ’n groot hart – en hy het dit reggekry om ’n man se lewe te red. 2. ’n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was ’n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur ’n oorlog Ontmoet ’n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, ’n man met ’n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat “Nkosi sikelel’ iAfrika” geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as ’n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Ware heldeverhale – perfek vir beginnerlesers. Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ’n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. Sultan, die koning van sy baas se hart Sultan is ’n dapper hond wat sy baas gered het toe hy op ’n dag deur ’n elektriese kabel geskok is. 2. Die bushelde van Westdene In 1985 beland ’n skoolbus in ’n rivier – en terwyl die bus in die water wegsink, word ’n paar skoolkinders helde. 3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop ’n Onskuldige skoolseun se dood het wêreldnuus geword – en gehelp om ’n einde aan die gruwels van apartheid te maak. 4. Duisend kilometer deur die wildernis Ontmoet die dapper John Ross wat selfs koning Sjaka se respek gewen het nadat hy meer as 1 000 kilometer deur die wildernis gereis het om hulp vir sy mense te ontbied. 5. Kaalvuis teen tonne rots Ná ’n rotsstorting in die City Deep-myn het Richard Simelane besluit om nie moed op te gee nie – hy het die rots met sy kaal hande begin weggrawe. 6. Klara Majola, kind van die kapok Een stormnag het ’n dogtertjie genaamd Klara Majola die ysige koue van die Koue Bokkeveld getrotseer om haar blinde pa te gaan soek. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
18 well-known Bible stories teach kids about God’s angels, what they look like and what they do. “What are angels?” “What do they do?” “Do they have names?” In Angels of the Bible, renowned children’s author Wendy Maartens answers these questions and more about God’s angels. Children will be introduced to special angels from 18 different Bible stories like Jacob’s dream, Balaam’s talking donkey, the angel who gave food to Elijah, and the angel who brought good news to Mary. Angels of the Bible includes colorful illustrations by Catherine Groenewald that bring to life the angels and the Bible stories they appear in. Also included are instructions for folding your very own pop-up angel card. Angels of the Bible will help children to discover that angels are real and they are everywhere – they’re God’s loving servants and they are our friends! Also available in Afrikaans under the title Engele van die Bybel.
Kom kleur saam in! Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende ’n leeu in ’n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet ’n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories: 1. Die leeu wat drukkies kon gee Twee vriende koop ’n leeuwelpie in ’n afdelingswinkel in Londen – maar kort voor lank word hy ’n groot maanhaarmannetjie! Hulle besluit om hom in Afrika te hervestig, en jare later steel hy die wêreld se harte.
Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens ’n storm die see ingeswem het om die matrose van ’n sinkende skip te red; en ontmoet ’n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. ’n Perd van ’n ander kleur 2. Die matriekheld van Henley-on-Klip 3. Nelson Mandela, ’n leier so na ons hart 4. Nkosi Johnson veg vir hoop 5. Wolraad Woltemade, ’n melkboer met durf 6. Japie Greyling swyg Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
'n Perd wat kan lees en somme doen?
Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geillustreerde boeke, elkeen met 'n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geillustreerde boeke, elkeen met 'n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak ’n draai in Boer se skaapkraal om ’n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam ’n huis. Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf ’n streep te trek of nare poetse op hom te bak. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Oor die reeks. ’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoet ’n oulike vlermuis wat deur ’n mens-mamma grootgemaak is! Hierdie boek bevat ses wonderlike ware dierestories: 1. Max die gorilla vang ’n skelm 2. Huberta die seekoei stap suid 3. Noodle leer om ’n vlermuis te wees 4. Kees kry lus vir koek 5. Zhu, die sterk Chinese vark 6. ’n Beer word soldaat Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
'n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy vir jou kind kan gee! Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Rooi Hen op 'n dag besluit om brood te bak, stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug, en ontmoet 'n padda wat op 'n dag baie, baie kwaad geword het. Die Ek lees self-reeks bestaan uit pragtig geïllustreerde boeke, elkeen met 'n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginnerlesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker. |
![]() ![]() You may like...
Autopsy - Life In The Trenches With A…
Ryan Blumenthal
Paperback
![]()
|