0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All departments

Zackie Mostert En Die Skreeusnaakse Plan (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert En Die Skreeusnaakse Plan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert en die skreeusnaakse plan. Maak gereed om te ROL VAN DIE LAG! 'n Nuwe TV-kanaal vir kinders hou 'n groot talentkompetisie. Wie kan die snaaksste grappe vertel en die gehoor laat skaterlag? Die wenner kry 'n kans om op TV te verskyn! Zackie en Vincent kan nie wag om deel te neem nie. Hulle is immers briljant daarmee om grappe te vertel - en hulle gaan die snaaksste grappe op die hele planeet (of ten minste in Granaatstraat) probeer uitsnuffel! Maar Anton is vasbeslote om ook aan die kompetisie deel te neem. En hy gaan seker maak Zackie en Vincent staan nie 'n kans om te wen nie …

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermedięre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Zackie Mostert 17: Slaan 'n Ses (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert 17: Slaan 'n Ses (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie Mostert slaan 'n ses. Die krieketseisoen is hier! Zackie en Vincent sien baie uit na die krieketkliniek. Hulle gaan 'n hele week lank leer om soos kampioene te kolf, briljant te boul en fantasties veldwerk te doen! Maar Anton is vasbeslote om vanjaar die beste speler in die krieketspan te word. Anton is nie verniet die grootste boelie in Granaatstraat nie. Toe hy 'n nare poets op Zackie bak, loop dinge lelik skeef. En dit lyk sowaar of Vincent se vreemde, krieketmal oupa dalk hulle enigste hoop is om uit die penarie te kom ...

'n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermedięre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.

Zackie Mostert 16: Zackie Mostert en die Fantastiese Fliek (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert 16: Zackie Mostert en die Fantastiese Fliek (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Ligte, kamera … AKSIE!

Zackie en Vincent is BAIE opgewonde! Hulle gunsteling-aksieheld maak 'n SPLINTERNUWE FLIEK. En die vervaardigers soek jong akteurs om daarin te speel! Zackie en Vincent kan nie wag om vir 'n OUDISIE te gaan nie. Maar Anton wil ook graag 'n rol in die fliek hę. Anton is die grootste BOELIE, GROOT-PRATER en MOEILIKHEIDMAKER in die skool - en hy kan KARATE doen! Hy gaan sy bes probeer om seker te maak Zackie en Vincent staan nie 'n kans om 'n rol in die fliek te kry nie ...

Zackie Mostert 15: Zackie Mostert en die Monster-Melkskommel (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert 15: Zackie Mostert en die Monster-Melkskommel (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Wie gaan die MONSTER-MELKSKOMMEL tem?

Dit is SKOOLVAKANSIE!

Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hę! Hulle gaan swem, skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel. Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf. Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie - en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel.

Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe 'n splinternuwe restaurant sy deure open met 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink, begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees ... Die wenner kry immers 'n splinternuwe, WILDE, WOESTE WATERGEWEER as prys ...

Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwęreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

6. Zackie Mostert druk 'n drie

7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante

8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies

9. Zackie Mostert en die meisiemoles

10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond

Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwęreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

- Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...?

- Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou - en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG!

- Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende - en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan!

- Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! - Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lę van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.

Zackie Mostert: Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwęreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie

2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee

3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen

4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar

5. Zackie Mostert en die spokerige storie

Zackie Mostert Druk 'n Drie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert Druk 'n Drie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alex van Houwelingen
R135 R116 Discovery Miles 1 160 Save R19 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ralph Breaks The Internet
Blu-ray disc R195 Discovery Miles 1 950
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R359 R287 Discovery Miles 2 870
Multi Colour Jungle Stripe Neckerchief
R119 Discovery Miles 1 190
Orico K20 000 QC3.0 Power Bank (20…
R499 R379 Discovery Miles 3 790
Funko Mystery Mini Box - Star Wars Solo…
R149 R92 Discovery Miles 920
Micheal Black & Gold Sunglasses
R99 Discovery Miles 990
Dickie Toys Happy Series - Rolling Eyes…
R123 Discovery Miles 1 230
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R359 R287 Discovery Miles 2 870
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R359 R287 Discovery Miles 2 870
Evox Advanced Trans Gloves Wrist Strap…
R299 R247 Discovery Miles 2 470

 

Partners